Monthly Archives: February 2014

Stellenbosch Wynroetes spog met internasionale Wyntoerisme Toekenning

Stellenbosch wine festival pic LR

Suid-Afrika se vernaamste wynroete, die Stellenbosch American Express ® Wynroetes, het sy staal as ‘n vooruitstrewende wyntoerisme-organisasie sopas weer gewys, deur die titel as Beste Promosie Liggaam (Best Promotional Body) by die 2014 Wyntoerisme Toekennings van die toonaangewende Drinks International tydskrif in te palm.

 

Hierdie jaarlikse kompetisie wat tans in sy vierde jaar is, dien as ‘n industrie maatstaf vir uitmuntendheid in wyntoerisme en die Stellenbosch Wynroetes is vanjaar erken vir sy omvangryke

implementering van innoverende toerisme-inisiatiewe om die area en sy vele gebeurtenisse en aktiwiteite daadwerklik te promoveer.

 

“Die ontstaan van die Stellenbosch Wynroetes in 1971 is gesien as die begin van wyntoerisme in Suid-Afrika. Dit het dinge vir ons wynstreek moontlik gemaak om die toe-nog-onbekende onderwerp van wyntoerisme op ‘n heel ander vlak te benader as wat daar nog ooit in ons land se wynindustrie te siene was. Vandag geniet ons die glorie as die pionier van Suid-Afrikaanse wyntoerisme en die land se mees vooraanstaande wynroete in terme van gehalte wyne, toerisme-attraksies, reputasie, innovasie en gemeenskapsbetrokkenheid,” gesels Annareth Bolton, uitvoerende hoofbeampte van die Stellenbosch Wynroetes.

 

Hierdie spogtoekenning volg kort op die hakke van die geboorte van die wynroete se dinamiese 2014

wyntoerisme-bemarkingsveldtog, Stellenbosch Ervaring, wat in samewerking met Stellenbosch 360 (of te wel Stellenbosch Toerisme) op die been gebring is om die area se toerisme-voetspoor plaaslik en internasionaal te verskerp en uit te brei.

 

Die Stellenbosch Ervaring poog om die Stellenbosch Wynlande as Afrika se wyntoerisme hoofstad te posisioneer en erkenning en bewustheid daarvoor wêreldwyd te geniet. Die wyn- en toerismeindustrie word uitgenooi om by die veldtog aan te sluit as vennote om die streek en sy weelde op eie bodem en oorsee te bemark.

 

“Ons poog vir maksimum internasionale blootstelling en bewusmaking en deelnemende bemarkingsvennote sal by die ITB, Berlyn in Maart verteenwoordig word waartydens die Stellenbosch Ervaring aan die wêreld se vernaamste reisagente en media onthul sal word, wat gevolg sal word deur plaaslike blootstelling by die Toerisme Indaba in Durban in Mei,” verduidelik Bolton.

 

As deel van die veldtog het die wynroete ook onlangs sy nuwe interaktiewe blog, genaamd StellenBlog, die lig laat sien. Die blog deel daaglikse brokkies oor die jongste suksestories, gemeenskapsnuus en ryke kultuurerfenis van dié historiese wynlandbestemming.

 

Ander elemente van die projek sluit in verskerpte digitale teenwoordigheid en bewusmaking regoor al die verskillende sosiale netwerke, en ‘n innoverende wyntoerisme blogger-veldtog met top internasionale en plaaslike reis-, leefstyl, en kos-bloggers gedurende April en September.

 

Die Stellenbosch Wynroetes staan vandag meer as 150 wynlede sterk en sluit in ‘n reënboog van unieke aanloklikhede wat wissel van fynproewer restaurante en kontrei-lekker geregte tot ‘n jolige koffie-kultuur sowel as voortreflike hotelle en gastehuise, wat almal in en om die kunssinnige Stellenbosch geverf lê. Met sy witkalkmuur Anglikaanse kerke, museums, rykdom Kaaps-Hollandse huise asook universiteitsgeboue wat uit die 19de eeu dateer, is die Eikestad ‘n toonbeeld van geskiedkundige erfenis en goeie smaak.

 

Vir meer inligting oor die Stellenbosch Ervaring veldtog besoek die nuwe blog http://blog.wineroute.co.za/, of skakel Mariette du Toit-Helmbold by experience@wineroute.co.za of 083 225 5955.

Die kuns van wyn

Wyn en kuns is sinoniem met mekaar. Daar is al selfs vele keer met wyn geverf. En dien as inspirasie en aanmoediging in die skeppings proses.

So dit is dan geen toeval dat Neil Pendock in samewerking met die Taj hotel, hier in Kaapstad ń wyn gallery oop gemaak het nie.

Die konsep is eenvoudig.Elke maand is daar verskillende wyne wat uitgestal word. Gewoonlik met n tema wat gepaard gaan saam met die wyne wat vertoon word. Openings aande is altyd die eerste Donderdag van die nuwe maand, wanneer meeste gallerye hier in die stad nuwe werke en uitstallings bekendstel.
image

Die wyne is altyd interesant en soms vind mens iets nuuts of raar. Onlangs het die Pendock gallery soos dit genoem word, dit een stap verder gevat met die opening van n klein boetiek winkel langs die gallery, waar die wyne ook gekoop kan word.

Ons is besot oor die konsep en oorsprongklikheid daarvan. Maar wag daar is meer!  Die afgelope Maandag was dit die eerste van die Good Value Guru Tastings & Soirées.
image

Die proëe en soirées word beoordeel deur n paneel wat die beste waarde vir geld wyne probeer vas stel en volgens kultivar loop. Hierdie wyne kan dan op Maandae geproe word deur die publiek van 5-7 pm.

Resultate word ook op die facebook bladsy met dieselfde naam gesit. So gaan kyk en proë gerus in hierdie ongewone gallery. Vir meer info gaan na www.neilpendock.com.

Waarde in kleiner plase

Hoe gereeld proe mens nou juis nuwe wyne ? Vir meeste van ons is dit nie ń opsie nie. Instede ervaar ons wyn deur ketting winkels, nie dat n slegte ding is. Maar tog verloor die gewone man op straat uit.

Van die ongeveer 600 plus wyn plase daar buite ervaar die algemene publiek slegs n klein persentasie van wat beskibaar is. Dit is moontlik n probleem dat groothandelaars slegs die groot name aanhou, by gevoeg menige kleiner plase het eenvoudig nie die kwantiteite beskibaar wat benodig word deur groot aankopers van ketting winkels.

Daar is egter hoop, vir kleiner plase kom dit in die vorm van boetiek wyn winkels en wel geplaasde wyne op rakke in minder bekende winkels. Wyn proë doen in restuarante help ook om die publiek blootstelling te gee aan die weg gesteekte juwele. Daar is menigte wyn proë klubs regoor Suid Afrika.

Doen bietjie navorsing, besoek en bespreek kleiner plase. Met die aanvang van tegnologie is baie van die kleiner plase op sosiale media. Nie dat daar iets fout is met die bekende handelsmerke, maar dit gee slegs een oogpunt van die Suid Afrikaanse wyn bedryf.

image
Deux freres wyne

Regoor die wynland is daar baie van hierdie plasies wat uitmuntende wyn maak. Soms iewat van n geheim tussen wyn geleerdere. Families wat hul hart en siel in hul produkte sit, met die hoop dat dit aanklank sal vind tussen die honderde wyne op rakke orals.

Maak die besluit om die onbekkende te ervaar, wie weet jy mag dalk verras wees deur wat  daar buite in die wyn land vir jou wag.

Hier is n paar plase wat ons verras het. As jy wil byvoeg tot die lys is jy meer as welkom. Dit is net n oorsig van plase en hul wyne wat uitgestaan het afhand. Ons sal in verdere posts bietjie meer uitbrei hierop.

Klein roosboom – Durbanville
Le Riche – Stellenbosch
Lismore wyne – Greyton
Fryerscove – Bamboesbaai
Vondeling wyne – Voor paardeberg, paarl

Die vaaitjie is aan die rol

Welkom by ons eerste post. Ek het lank gespook met ons wyntjie. Die aanvangklike oogpunt was om n platform te skep, waar plase en beide die publiek met mekaar kon gesels oor wyn.

Instede het ons besluit om dit eenvoudig te hou. Ons sal van tyd tot tyd post.  Ons verwelkom ook terugvoering van plase en die lesers. So as jy iets het om te deel of ń wyn het waarvan die wereld moet weet, kontak ons gerus. Ons wyntjie is n platform om ope dialoog te he en hoor oor wyn. En meer belangrik in jou taal