Waarde in kleiner plase

Hoe gereeld proe mens nou juis nuwe wyne ? Vir meeste van ons is dit nie ń opsie nie. Instede ervaar ons wyn deur ketting winkels, nie dat n slegte ding is. Maar tog verloor die gewone man op straat uit.

Van die ongeveer 600 plus wyn plase daar buite ervaar die algemene publiek slegs n klein persentasie van wat beskibaar is. Dit is moontlik n probleem dat groothandelaars slegs die groot name aanhou, by gevoeg menige kleiner plase het eenvoudig nie die kwantiteite beskibaar wat benodig word deur groot aankopers van ketting winkels.

Daar is egter hoop, vir kleiner plase kom dit in die vorm van boetiek wyn winkels en wel geplaasde wyne op rakke in minder bekende winkels. Wyn proë doen in restuarante help ook om die publiek blootstelling te gee aan die weg gesteekte juwele. Daar is menigte wyn proë klubs regoor Suid Afrika.

Doen bietjie navorsing, besoek en bespreek kleiner plase. Met die aanvang van tegnologie is baie van die kleiner plase op sosiale media. Nie dat daar iets fout is met die bekende handelsmerke, maar dit gee slegs een oogpunt van die Suid Afrikaanse wyn bedryf.

image
Deux freres wyne

Regoor die wynland is daar baie van hierdie plasies wat uitmuntende wyn maak. Soms iewat van n geheim tussen wyn geleerdere. Families wat hul hart en siel in hul produkte sit, met die hoop dat dit aanklank sal vind tussen die honderde wyne op rakke orals.

Maak die besluit om die onbekkende te ervaar, wie weet jy mag dalk verras wees deur wat  daar buite in die wyn land vir jou wag.

Hier is n paar plase wat ons verras het. As jy wil byvoeg tot die lys is jy meer as welkom. Dit is net n oorsig van plase en hul wyne wat uitgestaan het afhand. Ons sal in verdere posts bietjie meer uitbrei hierop.

Klein roosboom – Durbanville
Le Riche – Stellenbosch
Lismore wyne – Greyton
Fryerscove – Bamboesbaai
Vondeling wyne – Voor paardeberg, paarl

2 thoughts on “Waarde in kleiner plase

  1. Hallo julle!

    BAIE DANKIE dat jul Vondeling in jul blog noem – ons voel baie ge-eerd!

    Net ‘n klein regstelling – ons is in Voor Paardeberg, Paarl gelee en nie Darling nie hoor. Ek hoop jul kom kuier een of ander tyd by ons!

    Kontaknommer is: 021-8698339

    Baie groete,

    Mariaan Harris
    Proelokaal bestuurder
    VONDELING WINES

Comments are closed.