Monthly Archives: March 2014

Signal Gun wyne

Signal Gun Comp

So stilletjies na vyf geslagte, het die De witt familie op die Hooggelegen plaas besluit om in 2006 wyn te produseer. Alhoewel Signal Gun een van die oudste plase is in die Durbanville omgewing het huidige eienaar MJ de Witt in 2006 besluit om sy stokperkie te begin groei. Signal Gun spog nou met elf wyne in hul portefeule.

Daar is n ryk geskiedenis op die plaas, die naam is afkomstig van die vroee sein kanon wat terug in die tye van die VOC in gebruik was op die plaas. Dit word op die tweede Saterdag van elke maand nogsteeds gevuur voor hul restuarant Ke-Monate. Die naam Ke-Monate beteken dis lekker in Sotho. Die restuarant bedien ontbyt en middag-ete,daar kan ook dan twee dae vooraf bespreek word vir n piekniek. Dan het hul ook tema aande in die restuarant.

297553_401910279870299_870049271_n

Vir die meer avontuur lustiges tussen ons bied Signal Hill ook wilds ritte aan vanaf die Hoogeberg heuwel.Toevallig is dit ook hier waar die befaamde Signal Gun Sea Smoke Sauvignon Blanc 455 meters bo seevlak gekultiveer word.n Mens kan verwag om eland, zebra, grys ribbok, bontebok, Dassies, skilpaaie, en vele voel soorte insluitende vis-arende te sien op die rit.

Hul wyne kom in twee reekse, die Signal Gun reeks en die meer lighartige Tin Hill reeks. Die proe lokaal is ingerig in n eeue oue melkery en ons stel voor dat jy gerus soentoe gaan om die wyne te probeer. Die Muy Scattie, is n effe soet maar verfrissende versnit van Sauvignon Blanc en Hanepoot. Ons hoor ook daar is n MCC in die pyplyn en kan nie wag om dit te proe nie.

Die asemrowende uitsig vanaf die Hoogeberg heuwel maak die uitstappie soentoe die moeite werd alleen. Kontak hul gerus vir meer inligting. Ons sal terug wees verseker.

www.signalgun.com vir meer inligting.

 

 

Stellenbosch wys sy staal by ITB in Berlyn 

Stellenbosch se wyntoerisme veldtog maak internasionaal naam

 

image
Foto:Verteenwoordigers van Suid-Afrika by ITB (links na regs): Annareth Bolton, uitvoerende hoofbeampte van die Stellenbosch Wynroetes, Mariette du Toit-Helmbold van Destinate, Radiefa Williams van Wesgro, Annemarie Ferns, uitvoerende hoofbeampte van Stellenbosch 360, Carrie Hopkins van Kaapstad Toerisme en (voor) Inge Dykman van Kaapstad Toerisme.

Die Stellenbosch American Express® Wynroetes, Suid-Afrika se oudste en vernaamste wynroete en fynproewer hoofstad, het sy debuut by die 2014 ITB in Berlyn vroeër die maand gemaak. ITB is die wêreld se grootste toerismekonvensie en was die perfekte platform vir die internasionale bekendstelling van die roete se wyntoerisme-bemarkingsveldtog, Stellenbosch Experience.

 

image
foto: Annareth Bolton, uitvoerende hoofbeampte van die Stellenbosch Wynroetes, Mariette du Toit-Helmbold van Destinate, en skakelbeampte Beate Pechmann van BP-PR

Die doel van hierdie dinamiese veldtog is om Stellenbosch opnuut te vestig as die wyntoerisme hoofstad van Suid-Afrika, asook die ideale toerismebestemming vanwaar mens Kaapstad en die Wes-Kaap kan ontdek. Vanaf 5 tot 9 Maart het verteenwoordigers van die Stellenbosch Wynroetes skouer geskuur met top toerismelui en mediaverteenwoordigers, om die area se uiteenlopende en unieke wyntoerismeaanbiedinge met hulle te deel.

 

image

“Navorsing het getoon dat al hoe meer besoekers opsoek is na ervaringsgedrewe, multi-dimensionele bestemmings en doen-dinge, wanneer hulle, hetsy vir ontspanning of besigheid, reis. Buiten dit is daar ook bewys dat wanneer reisigers gedurende hulle reise aan kulinêre en wyntoerisme attraksies en aktiwiteite blootgestel word, hulle gewoonlik langer bly en meer tyd en geld by daardie bestemming besteë,” gesels Annareth Bolton,uitvoerende hoofbeampte van die Stellenbosch Wynroetes.

 

Die Stellenbosch span het persoonlik kennis gemaak met bykans 400 reisagente en media gedurende hierdie drie dae lange geleentheid in Berlyn. ‘n Hoogtepunt van die internasionale bekendstelling van hul wyntoerismeveldtog was hulle samewerking met TripAdvisor vir dié se  ITB netwerkingsgeleentheid wat by die gewilde Soho Huis in Oos-Berlyn plaasgevind het. Slegs uitgenooides kon die geleentheid bywoon en die 300 gaste was van die wêreld se mees erkende industrieverteenwoordigers.

 

image

“TripAdvisor is verheug oor die suksesvolle samewerking met Stellenbosch Wynroetes tydens ons afgelope ITB netwerkingsgeleentheid. Wyntoerisme is voorwaar besig om in gewildheid toe te neem en reisigers is opsoek na onvergeetlike toerisme ervarings, iets wat Stellenbosch beslis oplewer. Met die onlangse bekendstelling van die nuwe TripAdvisor domein vir Suid-Afrika, kon ons met trots Stellenbosch, een van Suid-Afrika se toerisme bestemmings wat ryk is aan gehalte en oorspronklikheid, uitlig,” sê Helena Egan, TripAdvisor se Hoof van Bestemmingsbemarking Europa, Midde-Ooste en Afrika.                                                                                                          

image

Met die aanloop tot ITB is internasionale toerismelui, reisagente en media uitgenooi om hulle ideale reisplan van ervarings in en om Stellenbosch te kies – wat wissel van ‘n oes saam met ‘n wynmaker en ete met ‘n plaaslike glanssjef, tot wildsritte in die Wynlande en leer hoe om ‘n trekker te bestuur – te kies.

 

image

Gedurende TripAdvisor se ITB netwerkingsgeleentheid is die gaste dan outomaties ingeskryf vir die veldtog se “Ultimate Stellenbosch Bucket-list” kompetisie, wat op 31 Maart sluit wanneer een gelukkige verteenwoordiger en metgesel hulle droom ‘kluitklaplys’ vakansie na Stellenbosch en die Wes-Kaap sal wen.

In samewerking met drie van die bemarkingsveldtog se vennote, Simonsig, Van Ryn en Kleine Zalze, het die Stellenbosch Wynroetes bottels Simonsig Kaapse Vonkel en Kleine Zalze wyn aan die gaste uitgedeel terwyl een gelukkige persoon ook met ‘n bobaas geskenkpak propvol Stellenbosch wyne bederf is. Proef-proesels van Van Ryn se 20 jaar oue brandewyn het ook in die gaste se promosie-sakkies gepronk.

“Ons benader bemarkingsplatforms soos handelskoue vanuit ‘n alternatiewe oogpunt. Ons identifiseer bemarkingsvennote en uitstaan geleenthede vir saamgesnoerde bemarking wat by ons handelsmerk en identiteit pas en ook goeie impak en meetbare resultate vir ons streek en vennote waarborg. TripAdvisor is die wêreld se grootste reiswebwerf, so om met hulle kragte saam te span was, soos die Engelsman sou sê,  ‘n ‘no brainer’,” voeg Bolton by.

 

image

Delheim, Spier en Waterkloof – wat ook al drie vennote is van die roete se wyntoerisme veldtog – is uitgewys as uitstekende voorbeelde van verantwoordelike, volhoubare toerisme tydens

Mariette du Toit-Helmbold se aanbieding by die ITB konvensie oor die “Stand van Verantwoordelike Toerisme in Suid-Afrika”. Du Toit-Helmbold is die eienaar van Destinate, ‘n internasionale toerisme bemarkingsagentskap wat saam met die Stellenbosch Wynroetes en Stellenbosch 360 werk.

Die jongste internasionale reisstatistieke en -tendense, wat by ITB onthul is, hou groot beloftes vir toerisme in 2014 in. Internasionale toerisme het ‘n nuwe rekord hoogte in 2013 behaal met ‘n 4-5% groei vooruitskatting vir 2014, ten spyte van die onsekere wêreld-ekonomie. Buitelandse toerisme (op die uitreis) het met 4% gegroei in terme van die hoeveelheid reise en bestedings is op met 6%.

Belowende, groeiende markte soos China en Rusland het weer koning gekraai met hul sukses-stories, terwyl Asië en Europa ook die afgelope jaar goed gevaar het. Goeie nuus vir Suid-Afrika is dat Europa, wat steeds ons land se grootste handelsmark is, solliede groei toon in 2014, na die afgelope twee jaar se ekonomiese resessie

“Dit is uitstekende nuus vir toerisme groei in Stellenbosch, maar dit beteken ook dat ons sal moet regstaan met innoverende, aanloklike aanbiedinge vir ‘n wêreld wat oorlaai is met wonderlike keuses, maklik beïnvloedbaar is en nogsteeds gebuk staan onder die ekonomiese depressie. Ons glo dat die tydsberekening van onsStellenbosch Experience veldtog perfek is om meer besoekers na ons streek te lok,” voeg Bolton by.

 

image

Ander Stellenbosch Experienceveldtog elemente wat vir die res van die jaar beplan word, sluit in ‘n

innoverende wyntoerismeblogger-veldtog met top internasionale en plaaslike reis-, leefstyl, en kos-bloggers aan die einde van April, asook blootstelling by die Toerisme Indaba in Durban in Mei.

Vir meer inligting oor dieStellenbosch Experience inisiatief besoek die StellenBlog by http://blog.wineroute.co.za/, skakel Mariette du Toit-Helmbold byexperience@wineroute.co.za of

083 225 5955.

Gratis proesessies

image

Gister het ons n geleentheid deur ons vingers laat glip. Die kans van n leeftyd, maar spyt kom altyd te laat. Danksy n leser van ons blog het ons toe besluit om van nou af so suiwer afrikaans moontlik te gebruik.

Dit het my laat dink. Daar is menigte gratis proesessies regoor die stad wat op n weeklikse basis plaasvind. Baie mense kan ongelukkig nie so gereeld soos wat hul dalk wou die wynland besoek nie. Ons self is nog vasgevang in n dag joppie.

Hier in Kaapstad is daar darm vele gratis proesessies op n weeklikse basis. Ons almal het ons dinge, maar daar is nie meer n verskoning as dit kom by die verkenning van nuwe wyne.

Hier is ons lys van die beste plekke vir gratis proesessies:

1 ⋃ &union

2 Pepper club hotel

3 Tjing tjing bar

4  Tamboers kloof winkel

Daar is nog vele ander maar ons sal graag van jou wil hoor!  Geniet die proe.

Botriver gooi flikkers met Barrels & Beards 2014

image

Na-oes wyne deel die kollig met wilde, woeste baarde

Saterdag, 5 April 2014

Vir die eiesoortige wynmakers van Botrivier in die Overberg beteken die aanbreek van hulle jaarlikse oesseisoen ‘n baardskeer-verbod gedurende hierdie uitmergelende tydperk. En vanjaar sal die welige obrengs van na-oes baarde en snorre weer spottend onthul word tydens hul gewilde Barrels & Beardsoesfees op Saterdag, 5 April 2014.

 

image

Oor die afgelope drie jaar het die Botriver Barrels & Beards homself gevestig as een van die mees pretlustige wynmakieties in die land, waartydens entoesiaste kan deel in die jongste wyn-pronkperde en vate vol vermaak in die geselskap van die bebaarde wingerd- en kelderdiensknegte van dié vooruitstrewende wynstreek.

 

Met die tema ‘The Good Old Way’, beloof die 2014 makietie vatproeë van die jongste koelklimaat wyne wat spruit vanuit die area asook ‘n verspotte ‘baard-parade’ – tot groot vermaak van geesdriftiges wat dan ook saam met erkende beoordelaars vir die beste baard in Botrivier sal stem.

 

image

Gaste sal ook weglê aan ‘n ‘van plaas tot tafel’ driegang aandete van unieke smake en produkte eie aan die kontrei, terwyl voetstamp musiekvermaak deur ‘n plaaslike marimba groep en die immer-groen boereorkes, Die Stoepsitters, ook op die kaarte is.

 

image

“Siende ons so half weggesteek lê tussen die Hemel en Aarde Vallei en Elgin, moet ons so bietjie anders as almal wees om die aandag te trek en so het die Barrels & Beards dus ontstaan. As dit kom by wyn moet ‘n mens nie te ernstig en wysneus wees nie en wat is dan nou lekkerder as om die einde van die oes met ‘n jolige opskop te vier!” gesels Penny Verburg van Luddite en voorsitter van die Botrivier Wynroete.

 

Die unieke Botrivier Wynroete, geleë net so oor ‘n uur se ry vanaf Kaapstad, is die tuiste van ‘n uiteenlopende boeket van wynkelders en produsente wat wissel van die historiese, meer tradisionele staatmakers tot ultra-moderne, glanskelders wat almal toegewyd is tot individualistiese, gehalte-gedrewe wyne.

 

Die kelders wat in die 2014 Barrels & Beards gaan deelneem sluit in Barton, Beaumont Wyne, Eerstehoop, Feiteiras, Gabriëlskloof, Genevieve MCC, Goedvertrouw, Luddite, Maremanna, Rivendell en Wildekrans. Hulle kelderskatte sal ook die aand te koop aangebied word.

image

 Die geleentheid se borge sluit in Wesgro en Amorim Cork, Suid-Afrika se grootste, natuurlike kurkverskaffer, en die beste baard van die aand sal beloon word met of ‘n kajak, gholfsak of branderplank gemaak van kurk.

“Botrivier pronk as een van die mees gewildste wynlandbestemmings, te danke aan ons eie, unieke, meer rustiger manier van dinge doen. Ons nooi ieder en almal uit om te kom deel in ons ‘wolhaarstorie van ‘n ander kleur’ terwyl ons vir oulaas met ons woeste baarde en harige skeppings spog,” voeg Sebastian by.

Barrels & Beards 2014 vind plaas by Die Ou Skuur by Anysbos-plaas (op die Swartrivier pad, vanaf die N2 net duskant Botrivier) en begin om 5nm. Daar sal ook ‘n pendelbussie (vanaf die Botrivier Hotel) tydens die aand beskikbaar wees ter ondersteuning vanverantwoordelike alkoholgebruik.
 

Sitplek is beperk tot 200 gaste en as verlede jaar se Barrels & Beards, wat soos soetkoek uitverkoop het, enigsins ‘n indikasie is, moet jy sommer nou jou kaartjies bespreek. Die kaartjies kos R270 per persoon wat ‘n gratis vatproe van die jongste Botrivier wyne; ‘n soewenier wynglas; die aandete; musiekvermaak, asook hartlike plattelandse gasvryheid insluit.

Vir meer inligting oor die BotrivierBarrels & Beards oesfees of om jou kaartjies te bespreek skakel Nicolene Heyns bynicolene@botriverwines.co.za of skakel 082 852 6547. Of bly sommer vir die hele naweek en gaan loer opwww.botriverwines.com vir akkommodasie.

__________

Feast of the grape

Die afgelope naweek het feast of the grape plaas gevind by D’aria landgoed in Durbanville. Ons was al vroeg Sondag oggend op en wakker en het nogal uitgesien daarna. Net n kort rits vanaf Kaapstad is Durbanville seker een van die mees toegangklikste wyn roetes.
image

Ons het toe iewat vroeg daar aan gekom. Die weer was koel met moontlikheid van reën later.Gelukkig het dit nie gereën terwyl ons daar was, bygevoeg dit was n heerlike dag.Nie te warm en nie te koud, net reg.

Daar was baie om te doen en te proë natuurlik. Ingang kostes was vreemd, nou nie oorgeprys soos Constantia fresh wat vroeër die vorige maand plaas gevind het met n R400 koste, maar teen R150 in totaal vir twee mense was dit baie vriendelik op die beursie.

Ons sou graag meer wyne wou proë op die dag, dis as daar nou nie n beperking van 10 proë’e per persoon was nie. Dit was effe moeilik om te besluit waar om te begin.

image

Gelukkig was daar n bietjie boere troos om die dag af te skop. Daar was alle rande eetgoed beskikbaar en meeste het begin met n kaasbord. Ons eerste wyn vir die dag was die 2013 Sauvignon blanc van Altydgedacht.  Die reaksie was gemeng, effe tropiese vrugte slaai op die neus met groen pepper en lemmetjie op die agtergrond. Dit was n verfrissende begin wyn vir die dag.

image

Volgende was dit die mcc van De Grendel, die twee proë coupons werd! Ons sou graag heeldag hieraan wou drink, maar daar was baie om te proë. Ons kon toe nou nie meer informasie kry omtrent die wyn, daar was hope mense wat hul dag begin het met borrels. Ons sal dalk weer terug moet gaan.

image

Daar was ook menigte plase wat saam met hul wyn die druiwe uitgestal het!  Dit was n belewenis om vooraf die kultivar te eet en dan die wyn van die spesifieke kultivar te proë. Meerendal se pinotage het vir ons uitgestaan in die opsig. Maar eers was dit Phisantekraal se stunning Sauvignon blanc wat op ons gewag het. Al wat ons kan se is wow! Gaan probeer dit gerus as jy die kans het.

image

Boetiek plase of eerder garagiste was ook op hande in die vorm van Klein Roosboom. Na n lekker gesels saam met Karen, eienaar van Klein Roosboom het ons die my way probeer. Dit was n heerlike Bordeaux versnit. Een van die ander vele Bordeaux versnitte wat vir ons uitgestaan het, was die Hillcrest dry red blend gemaak van 5 kultivars. En n winskopie teen R50 n bottel.

image

Daar was nog so baie om te doen en sien, maar na n breuk het ons aanbeweeg na Signal Gun wyne. Die nuwe darling van Durbanville.  Ons het toe besluit om n hele blog post aan hul toe te wy. Dankie aan die span daar wat ons toegelaat het om al die wyne te proe vir een proë coupon. Dankie ook aan Waterlilly vir die proë van hul pinotage. Ons sal weer moet gaan, na die tank sample het van die ander wyne snaaks geproe soos dit sou. Ons het net gewens ons het dit vir laaste gelos.
image

Ons sal feast of the grape aan enige iemand aanbeveel. Dit is n lekker dag uit. Daar is vele wyne om te proe en te drink op die dag. Kosse en disse vir elke smaak, kinder aktiwiteite en dan ook nog druif stamp.