Monthly Archives: April 2014

#Stompandsip

So hierdie is effe laat, die afgelope naweek het die boetiek langoed Beau Joubert hul jaarlikse oesfees gehou. Hierdie was n oesfees met n verskil. So vroeg oggend al het gaste, wat meestal uit skrywers, bloggers en media bestaan het aangekom. Gaste was gegroet met n kaart van die wingerde en n botteltjie water vir die stap op na die wingerde.

image

Nadat almal mekaar beter leer ken het, het Ian Engelbrecht of Baas Bees soos hy genoem word op die plaas gaste tou wys gemaak in die kuns van druiwe oes. Ja nee gaste moes werk vir hul middag-ete. Heuwel op het ons toe aangekom by n 30 jarige oue Cabernet Sauvignon blok. Die uitsig was asemrowend en die see het mens geroep in die agtergrond, maar die druiwe was baie meer interesant en lekker!  Ons wou nog van dit huis toe vat om te eet!

image

Die krate het sommer gou opgevul, en gelukkig het niemand hul vingers afgeknip. Taaierige hande en al is dit toe weer heuwel af,waar na n handwas ys tee op ons gewag het.

Kelder in het Christiaan Kuun die wynmaker lig gewerp op die wyn maak proses. Dit is toe hier waar die pret begin. Gaste is aangeraai om in hul swembroekies te spring vir die stomp gedeelde van die dag.

image

Almal was maar eers versigtig om in n oop sement tenk vol druiwe te spring, maars eers in was dit n gejuig en lag. En was n ervarring wat meeste nooit sou he. Om in 6 ton Cabernet Sauvignon te spring en te swem. Daarna is daar vinnig afgespoel en gaste het hul self tuis gemaak by n lang elegante tafel regvoor die kelder af. Dit was tyd om bietjie wyn te proe en vir middag-ete.

image

Begelei deur bestuurende direkteur Andrew Hilliard en feite verskaf deur Christiaam die wynmaker het ons eerstens twee tenk voorbeelde gehad. Een van n wit versnit en een van die huidige 2014 Sauvignon Blanc. As dit n indikasie is wat in die bottel gaan wees kan ons nie wag. Dit was verfrissend en ook nie n allerdaagse ervaring vir almal. Dit was toe tyd vir wyne wat reeds gebottel is. Eerste op was die Old Vine Chenin. En wat n wyn is dit nou nie. Liggies gehout en rommerig. Die wyn is een van formaat en kom van 32 jarige oue blokke. Sien jul n patroon. Beau Joubert het van die oudse wingerde in die kontrei.

Dit was toe tyd om te eet. Feesmaal is nie woord wat ons sou gebruik nie, dit was heerlik verby en die kase, slaai en quiche was net wat nodig was op die helder dag. Saam met middag ete het ons die Cabernet Sauvignon en Shiraz geniet. Al wat ons kan se is wow. Maar daar was meer, die grootseun van die plaas het op ons gewag. Die Ambassador is die plaas se vlagskip rooi en n versnit van Merlot, cabernet en shiraz.

image

Daar was nog n verassing wat op almal gewag het. Met die aankom slag by die tafel het elke gas n klein botteltjie van die fat pig port gekry. Gelukkig kon ons hom huistoe vat en daar was vir ons fat pig geskink saam met die appel tert vir nagereg. Die wyn is nog in vat en nie beskibaar nie. Dit was pure genot in n glas.

Die dag het te vinnig ge-eindig en mens kon maklik heeldag die uitsig en goeie geselskap en gasvryheid geniet. Gaan gerus na hul proe lokaal en ervaar dit vir jouself. Baie dankie dat ons daar kon wees. Vir meer informasie gaan na:

www.beaujoubert.com