Monthly Archives: May 2014

Hartenberg dis ‘n tikkie Franse flair met Bottelary Hills Ete

Hartenberg Longtable in the underground LR

Hartenberg dis ‘n tikkie Franse flair op Bottelary Hills Ete

Sjef Craig Cormack gee ‘n Wynland kinkel aan sy klassieke Franse kookstyl

Sondag, 25 Mei 2014

Klink ‘n Frans-geïnspireerde ete in ‘n eertydse wynkelder so reg in jou kraal? Gryp dan jou beret en has jou na die gewilde Hartenberg, wanneer hierdie Stellenbosch wynlandgoed gasheer speel vir die Bottelary Hills Wynroete se seisoenale ‘Verskyn & Verdwyn’ Wynmaker Middagete op Sondag, 25 Mei.

Craig Cormack salad LR

Kos- en wynliefhebbers kan uitsien na ‘n middag gevul met pizzazz en liplekker-plesiere in die landgoed se ondergrondse kelder, wanneer gesoute fynproewersjef, Craig Cormack, ‘n magiese Sondagmaal met smaak gaan opdis, wat selfs Koning Louis IX en die geskose wyne vir die dag se goedkeuring sal wegdra.

barrels LR
Sy viergang-spyskaart, wat sy liefde vir die klassieke Franse kookstyl, verlekker met ‘n heilsame kinkel, na vore bring, sal die kollig deel met kelderskatte van erkende landgoedere eie aan hierdie befaamde sub-roete van die Stellenbosch American Express® Wynroetes. Hulle sluit in Hartenberg, Mooiplaas, Kaapzicht en Beyerskloof.

Van sy klassieke Waldorf met ‘n Wynlandse-geurtjie tot sy Rooiwyn Bees alias Beef Bourguignon met Bolandse flair, sal Craig deurentyd die sintuie bederf, terwyl die wyne die praatwerk sal doen tydens ‘n ontspanne wynproe voor die ete.

Bottelary Heuwels vanaf Hartenberg LR

Die Bottelary Hills Wynroete wat noordwes geleë is van Stellenbosch bied ‘n onontgonne wêreld van gehalte wyn aan skerpsinniges en diegene wat ‘n groot waardering vir die Kaapse erfenis koester. Hierdie onbekende ‘juweel’ van die Stellenbosch Wynlande is die tuiste van van die oudste wynplase in ons land en die ryke geskiedenis en familiegees wat daar heers kom duidelik na vore in hul wyne.

BHWL Hartenberg LR 1
Die Bottelary Hills Wynmakers Middagete by Hartenberg kos R275 per persoon wat die wynproe, asook die viergang-feesmaal met ‘n glas wyn tydens elke gang insluit.

Die wynproe is vanaf 12h30 tot 13h00 gevolg deur die middagete. Om jou plek te bespreek skakel Tel: (021) 886 4310 of stuur ‘n epos na marketing@wineroute.co.za. Voorafbesprekings is noodsaaklik siende sitplek beperk is.

Hartenberg The Eleanor mood LR

Bon Appétit…slyp maar solank jou sintuie vir ‘n voortreflike kos-en-wynervaring!

Craig Cormack LR 1

Meer oor die sjef:

Craig Cormack is al vir die afgelope 24 jaar lank bedrywig in die restaurantbedryf en was al aan’t stuur in die kombuis van vele vyfster Kaapse hotelle, insluitende Ellerman House en die luukse Cape Grace hotel. Sy eie besigheid het saam met glanssjef Bertus Basson in 2005 die lig gesien en dit het sedertdien gegroei en uitgebrei tot Overture Restaurant, The Goose Roasters, Die Worsrol, Bertus Basson Signature foods, Betsie Says wynetiket en Amoleh salt.

Hartenberg is geleë op die M23 Bottelary pad, vanaf die R304 in die rigting van Stellenbosch.