Monthly Archives: August 2014

Henne Hane en wyn, span Suid-Afrika oppad na Frankryk

image
Van links na regs :Mosaic span Suid-Afrika: Judy
Bower(wine.co.za), Chris Groenewald, Jean-Vincent Ridon(span bestuurder), Lizé Oosthuizen, Xavier d’Argoeuves(Franse Konsulaat),
Samarie Smith, Gavin Whittaker, Ralph Reynolds.

Die Suid Afrikaanse wynproe kompetisie 2014 of te wel SAWTC ,het die 25 Augustus die top 20 gevier hier in Kaapstad. Met pryse uitgedeel deur die Fraanse Konsulaat Xavier d’Argoeuves.

Hierdie top 20 moes by n onlangse geleentheid hul staal wys deur 10 verskillende wyne blind te proe. Daar was selfs wyne van Italie en Frankryk om dit meer uitdagend te maak vir deelnemers.

Omdat die SAWTC oop was tot almal, het die 20 proewers gekom van wye agtergronde insluitende wyn skrywers, wynmaakers, sommeliers te same met wyn liefhebbers en amateurs.

Wyne van Suid Afrika se mees inoverende landgoede het die proewers op hul tone gehou. Plase soos Steenberg, Marianne,
Creation, Lutzville, Jordan, Edgebaston, Beau Belle en Spice Route,plus n Franse Grenache en Italiaanse Pinot Grigio het deel gemaak hiervan. Die top 20 is dan ook bederf met n geskenk pakkie wat wyne ingesluit het van die bogenoemde plase. Dit is interesant om te noteer dat al die wyne vir die proe en die aand geskenk was.

Dit was n moeilike taak vir proewers omdat die taak geverg het dat hul nie net n goeie palet en skerp neus moes he nie, maar ook uitstekende geheue.

Uit die top 20 is slegs 5 deelnemers geselekteer om na die wêreld blind proe kompetisie te gaan in die hartjie van die Franse streek Champagne.Met die 10 finaliste wat oor die volgende paar weke verdere opleiding ondergaan.

Die top 10 proewers vir 2014 is:

Johan Conradie
Chris Groenewald
Chantelle Johansson
Nicole Kuhnert
Lizé Oosthuizen
Ralph Reynolds
Jessica Saurwein
Samarie Smith
Anton Swarts
Gavin Whittaker

Die top 5 ( met 4 wat na Frankryk gaan) is :

Ralph Reynolds
Chris Groenewald,
Gavin Whittaker
Samarie Smith
Lizé Oosthuizen

Span Mosaic sal saam met span Suid-Afrika na die Orient hotel net buite Pretoria gaan vir verdere spanbou.
Die Mosaic restaurant hier, bestuur deur Chantelle Dartnall het die mees uitgebreide wynlys op die kontinent met 3000 wyne in hul kelder.  Die kelder bestuurder,Germain
Lehodey was een van die finaliste vir Beste Sommelier in die wêreld, en sal span  Mosaic oplei om die ander 22 internasionale spanne aan te vat later vanjaar.

Span Mosaic wat Suid-Afrika verteenwoordig is saamgestel uit 4  proewers met een aflos. Huil sluit in Ralph Reynolds, Chris Groenewald, Gavin
Whittaker, Samarie Smith and Lizé Oosthuizen.

Hul sal die Suid-Afrikaanse vlag hoog vlieg twrwyl hul die huidige kampioene Belgie probeer ontroon. Die twee en n half uur lange kompetisie sal hul vaardighede toets. Twaalf wyne sal hier blind geproe word. Deelnemers sal die land, streek, kultivar en produsent moet kan uitken.Hierdie is span Suid-Afrika se tweede keer by die kompetisie.

Vir meer info kontak gerus:

SAWTC – Jean Vincent RIDON
T +27 21 4225206
C +27 83 6750280
ridon@iafrica.com
sawtc2014@gmail.com

Die SAWTC se media venoot is wine.co.za

Mosaic span Suid-Afrika is geborg deur Mosaic Restaurant at the Orient. Verdere inligting op
www.restaurantmosaic.com

wpid-we_luv.jpg

We Luv Wine fees @ Cape Gate

Wynliefhebbers kan interessante nuwe smake ontdek by hierdie naweek se Cape Gate Wynfees op  Vrydag 22 Augustus van 17h00-21h00 en Saterdag, 23 Augustus van 12h00-18h00.

Spier Wyne stel hulle nuwe Chardonnay/Pinot Noir bekend en Blaawklippen Wingerde sal hulle “Before & After” Liquer and van hulle Grappa’s and Schnapps te proe aanbied.  Calitzdorp se De Krans is daar met hulle Port en wyne van ongewone Portuguese druifsoorte.  Villiera Wyne is trots op hulle nuwe verpakking en sal stil en vonkelwyne op die skou vertoon. 

image

Eetgoed soos Biltong, Kaas, Olywe, Olyf-olie en Sjokolade  word uitgestal en kan gekoop word, terwyl kosstalletjies  beskikbaar is vir honger feesgangers. Gemaklike sitplekke word geskep waar feesgangers  iets ligs kan eet, saam met ‘n glasie

Die wynplase wat deelneem is  Ayama Wyne, Beau Belle Wyne,  Blaauwklippen Wingerde, De Krans,  Domaine Tropez, Du Toitskloof Kelder, Eerste Hoop Wyne, Groenland, Mount Vernon, Koelenhof Wynkelder, Lanzerac, L’Avenir Stellenbosch, Oranje Rivier Kelder, Perdeberg Wyne, Raka, Rhebokskloof, Ruitersvlei,  Vergenoegd Wynlandgoed,  Villiera Wyne, Yonder Hill Wyne en  Zevenwacht.

Vanjaar is “The Pebbles Project” die welsynsorganisasie wat gaan baat by die fees.  Die organisasie is baie bekend in die wynbedryf en konsentreer daarop om hulp en opleiding te verleen aan minderbevoorregte kinders, en veral diesulkes wat deur alkoholmisbruik geraak word. 

Kaartjies: R50 pp (wat ‘n Cape Gate wynglas en proeboekie insluit).  Vooraf te koop by  www.plankton.mobi  asook by die fees-ingang elke dag.

Wellington Quest for the Best Top Tien 2014

image
Voor l na r: Denise Stubbs (Diemersfontein), Myra Burger (Welbedacht), Hanlie Loubser (Doolhof)

Agter l na r : Pieter-Niel Rossouw (Wellington Wines ), Dian Joubert (Diemersfontein) Abbi Wallis (Dunstone), Tiaan Burger (Welbedacht), Fritz Smit (Wellington Wines), Francois Roode (Diemersfontein), Rudolf Janse van Vuuren (Linton Park Wines), J.G. Auret (Linton Park Wines)

Fotograaf: Julian Kruger Photography

Die vyfde jaarlikse Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete Quest for the Best is Woensdag, 13 Augustus, tydens ‘n spogmiddagete by Au’ de Hex Boetiekhotel, Wellington se gesogde nuwe funksielokaal, aangebied.

 

Wat is Quest for the Best?

Quest for the Best, as kompetisie is spesiaal vir Wellington, deur Wellington ontwikkel ten doel die besonderse kwaliteit en diversiteit van Wyne van Oorsprong Wellington (WOW) te vier en aan die publiek ten toon te stel.

 

Beoordeling

Tydens die beoordeling op 21 Junie 2014 is 64 wyne deur vyf gesogde sommelier-beoordelaars blind geproe en beoordeel.

Die beoordelaar is:

Gregory Mutambe – Hoof-sommelier Twelve Apostles Hotel

Barry Scholfield  – Sommelier, Rust & Vrede Restaurant

Kent Scheermeyer – Gasvryheidskonsultant

David Clarke – Voorheen voorsitter van die Australiese Sommelier Assosiasie, Ex Animo Wine Logistics

Higgo Jacobs – Sommelier & Wynkonsultant

 

Die 2014 Quest for the Best top 10 wines van Wellington is:

·         Diemersfontein Wines 2012 Carpe Diem Viognier Reserve

·         Diemersfontein Wines 2012 Carpe Diem Pinotage Reserve

·         Doolhof Wine Estate (Pty) Ltd 2009 Doolhof Theseus

·         Welbedacht Wine Estate 2005 Welbedacht Cricket Pitch

·         Welbedacht Wine Estate 2011 Welbedacht Wine Estate Pinotage

·         Thokozani CCV 2012

·         Wellington Wines 2014 Bovlei Cellar Chenin Blanc

·         Wellington Wines 2011 La Cave Cabernet Sauvignon

·         Dunstone 2012 Dunstone Shiraz

·         Linton Park Wines 2013 Louis Fourie Chardonnay

 

“Ons is bevoorreg om te sien hoe die kompetisie jaarliks groei”, aldus Johan Fourie, voorsitter van die Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete.  “Quest for the Best het ‘n rol te speel in die skep van ‘n groter publieke bewustheid van ons streek wat om die beurt gemeet kan word in beter verkope van ons topprodukte. Verder kan ons ook bepaal watter kultivars meer geskik is tot ons unieke terrior en gevolglik ons wyne beter op die markte posisioneer.”

 

Borgskap

Sedert September 2012 is Mutual & Federal Agri die trotse naamborg van die Wellington Wynroete.

Volgens Andries Wiese, die groepsbestuurder van Landbou by Mutual & Federal Agri stel dié vennootskap hulle in staat om hul ondersteuning aan die landbougemeenskap te bied en is ook ‘n platform om hul reeds bestaande  bande te versterk. “Ons kan saam met die kliënt en die gemeenskap voordelige geleenthede identifiseer, terwyl ons terselfdetyd goeie blootstelling en netwerk geleenthede het,” meen Wiese.

 

Vir meer inligting kontak 021 864 2479 of eposwine@wellington.co.za.

 

Gesels saam:

Facebook https://www.facebook.com/wellingtontourism

Twitter @wellwineroute #WellQuestForTheBest

wpid-obikwa-logo-with-ostrich.jpg

Daans met die maat by OBiKWA by die Rise & Shine musiek fees

Straal jou inner volstruis en laat waai by die Nokia Rise & Shine musiek fees in Sandton Sentrale Park op Saterdag, 23August 2014.

 

Die musiek fees sal nie net ń reeks kunstenaars soos Matthew Mole, Zebra & Giraffe and Al Bairre insluit, maar sal ook jou deel vir die omgewing doen. Vir elke 50 gaste wat bywoon sal Rise & Shine in samewerking met Johannesburg Stads Parke. een boom plant om dinge groen te laat na die fees.

 

OBiKWA wyne sal beskikbaar wees op die dag. Met nie minder as nege OBiKWA wyne, is daar een vir elke dag van die week. Behalwe die immergewilde sak pasende Shiraz, Pinotage, Cabernet Sauvignon en Merlot onder die rooies, is daar ook Sauvignon Blanc, Chenin Blanc en Chardonnay in die wittes. Jy mag dalk ook die OBiKWA Moscato ń probeer slag gee, as jy iets effens soeter verkies. Of voer ń tikke pienk by tot jou dag, met die droë OBiKWA Pinotage Rosé.

 

Dinge skop vroeg af om 09h00 vm met ń Joga sessie, feesgangers word aangemoedig  om vroeg by die park aan te kom. Miskien terwyl jy die “paradise bird pose ” kan jy besluit watter een van die OBIKWA wyne jy gaan geniet op die dag.

 

Kaartjies na die Nokia Rise & Shine musiek fees is beskikbaar vanaf GetTickets.co.za of R150 per persoon, met die opsie om R100 ekstra te betaal vir n groen kaartjie.

 

Om die OBiKWA span te volg gaan na, www.obikwa.com,of facebook. En selfs Twitter @ObikwaWines gebruik die hutsteken #StickYourNeckOut. Ons verkies #SteekJouNekUit

 

Stellenbosch at Summer Place vier van toeka tot toekoms

Smake van gister, vandag en more wag op die Goudstad

 

Woensdag, 15 Oktober 2014

 

image

Stellenbosch at Summer Place, die sensoriese skouspel wat jaarliks deur Sanlam Privaat Welvaart in Hyde Park opgedis word, beloof ‘n besonderse viering van die toeka en toekoms van Suid-Afrika se vernaamste wynroete, met kos, wyn, musiek en kuns op Woensdag, 15 Oktober.

   

Vanjaar se tema is ‘n heildronk op gister, vandag en more se meesters en Gautengers is in vir ‘n glansgeleentheid soos min, wanneer die Eikestad, oftewel die land se Kos en Wyn Hoofstad ‘n fynproewersfees van fyngesnaarde legendes, vars talent en innoverende smake sal tuisbring.

 

Deel van die weelde en wonders van die Wynland wat genot aan die Goudstad sal verleen,

is ‘n voortreflike groep bekroonde wynmakers en belowende nuwelinge wat hulle jongste en ouer oesjare tydens die eksklusiewe aand sal deel. 

 

image

Meer as 70 gehalte wyne sal gepaar word met uitnemende kulinêre vernuf wanneer vyf van die beste Stellenbosch sjefs in aksie sal wees met hul toonaangewende smaaksensasies. Hierdie disse sal trou bewys aan die onderskeie variëteite en gaste sal deurentyd die kos en wyn kan geniet terwyl hulle gesellig van een na die ander luukse kamer van Summer Place kuier.

image

 

In ritme met die ‘gister, vandag en more’ tema, sal die uiters talentvolle Amazink All Stars, sorg vir sielsverkwikkende vermaak met musiek vanuit die verlede tot nou. Hierdie groep musikante vanaf Suid-Afrika se eerste ‘township teater’ in Kayamandi, lewer ‘n polsende, kultuurryke musiekvertoning.

 

image

   

Die evolusie van meesterlike kuns sal ook vasgevang word deur gesogte kunswerke uit die

eksklusiewe Sanlam Kunsversameling. Gaste kan ook op die aand by die Sanlam Privaat Welvaart kundiges leer hoe om die beste beleggingswaarde uit hul wyn- of kunsversamelings te put.

 

image

Kaartjies vir Stellenbosch at Summer Place 2014 kos R500 per persoon en sluit al die wyn, kos, en vermaak op die aand in. Die deure open om 18h30.

 

Vir meer inligting of besprekings virStellenbosch at Summer Place 2014 skakel Elmarie Rabe by Tel: 021 886 8275, stuur ‘n epos na events@wineroute.co.za of klik opwww.wineroute.co.za. Volg ook @StellWineRoute op Twitter.