Monthly Archives: September 2014

Ons gedagtes

image

Soos sommiges dalk mag weet is ons dag jopie die wynbedryf.  Daar is dae en maande sommiges beter as ander, maar ons lief dit baie. Ons leef, eet en haal in wyn.

Ons het gisteraand n bottel wyn elk af gesluk sonder om te wonder daaroor asof dit normaal is. Sewe uur more oggend is ons op vir werk. Is dit normaal ? Dalk vir ons ja, maar nie vir jan allerman. In die wyn bedryf moet jy jou kers kan vashou. Op hoogte wees van wat aangaan en dan nog boonop kommentaar kan lewer.

Die vraag is nadat ons ( ek en my lewens maat ) deur meeste van die wyn streke geproe en gegaan het, gee dit ons n beter insig tot die bedryf en wat daar beskikbaar is ?

Om eerlik te se ek weet nie. In die paar jaar waarin ons ( meestal ek ), in die bedryf werk weet ons nie of dit iets beteken. Daar is oor die 600 wynplase in die Suid-Afrikaanse bedryf. Ons probeer so hard om die meeste te verken, maar die waarheid is dat ons n paar jaar moet gaan spandeer. 

Ons kan verskillende streke van mekaar onderskei en selfs hier en daar tussen Suid-Afrikaanse wyne en iewers elders vanaf die res van die wêreld. Beteken dit ons weet alles of dat ons slegs beter ingelig is ?

Wyn is n baie subjektiewe onderwerp. Jy hou daarvan of dan nie. Dis iets wat in jou bloed is, jy is geprogrammeer daarvoor of het vir een of ander rede n natuurlike aanklank daarvoor. Ons vraag is bloot die volgende,  wat maak n wyn kenner. Ons studeer tans vir ons diploma, maar dit beteken nie ons weet alles.

Die kuns van wyn en wynproe is n daaglikse les vir ons. Vir nou probeer ons soveel ons kan dit een plaas op n slag vat. Wie weet, miskien eendag pronk ons dalk selfs op n proe paneel of twee. Is dit die doel ? Nee, vir ons is dit die ervarings wat tel. Die stories en ondek van wegesteekte juwele. Klink

Grande Provence Pinot Noir – ‘n verkwikkende rooi somerdrankie 

Grande Provance stel sy somer rooi bekend

image

Bederf jouself met geure eie aan somer van die pas uitgereikte Grande Provence Pinot Noir 2013. Dié wyn is propvol rooi bessiegeure wat dit die ideale somerwyn maak – veral wanneer dit effens verkoel bedien word. 

 

image

Die aarbei- en rooikersie-aromas van hierdie elegante wyn spring so te sê uit die glas, terwyl ryp bessiegeure tot op die tong geproe kan word waar dit ‘n pragtige balans tussen sy somerparfuum en sysagte palet vind.

 

“Mits jou tydsberekening perfek is, kan Pinot Noir-druiwe wat in warmer klimate verbou word, wonderlike, vrugtige wyne maak. Die druiwe wat ons vir hierdie Pinot Noir gekies het, kom vanaf een van die mees gesogte wingerde in die Franschhoek-vallei en is geleë aan van die hoogste suid-westelike hange van die Franschhoek-berge,” sê Keldermeester Karl Lambour wat baie in sy skik is is met die smaakprofiel van die 2013 Grande Provence Pinot Noir.

 

image

“Dis nie maklik om ‘n rooiwynliefhebber gedurende somer tevrede te stel nie, maar hierdie Pinot Noir is beslis die antwoord. Die beste kos om saam met hierdie wyn te geniet is sonder twyfel geseëlde salm en ‘n kraakvars somerslaai,” beveel Karl aan.

 

Grande Provence Pinot Noir 2013 is beskikbaar by toonaangewende wynwinkels en uitgesoekte restaurante of by die Grande Provence-proekamer in Franschhoek teen R120 per bottel. Vir ‘n meer gerieflike alternatief, koop hierdie wyn gerus aanlyn bywww.grandeprovence.co.za. Aankope van 12 bottels of meer kwalifiseer vir gratis aflewering regoor Suid-Afrika.

 

image

Grande Provence Heritage Wine Estate is in Franschhoek geleë, die hartjie van Suid-Afrika se Wynlande en bied eg Suid-Afrikaanse wynerfenis, uitstekende kos en 5-ster verblyf. Vir meer inligting besoekwww.grandeprovence.co.za, Facebook.com of

Twitter @grande_provence.

Kaapse Wynmakersgilde en VinPro begin Wingerdkunde Protégé Program

Met die gemeenskaplike doel om transformasie in die wynbedryf aan te vuur, is die Kaapse Wynmakersgilde, in samewerking met VinPro, nou in staat om hul hoogs suksesvolle Wynkunde Protégé-program uit te brei met ‘n soortgelyke skema wat beoog om jong wingerdboukundiges te ontwikkel.

 

image
Protégés van lings na regs:
Philani Shongwe, Heinrich Kulsen, Rudger van Wyk, Chandré Petersen, Rose Kruger, Thornton Pillay, Wade Sander and Ricardo Cloete.

Die Gilde se nuwe VinPro Wingerdkunde Protégé Program is ‘n inisiatief van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust. Dié twee jaar lange internskap gee belowende individue die geleentheid om volwaardige wingerdboukundiges te word.

 

“Die Protégé Program is ‘n prioriteit vir al ons lede. Ons is baie dankbaar vir die wonderlike finansiële bydrae van die VinPro Stigting wat ons in staat stel om dié program uit te brei om op gespesialiseerde velde in die wynbedryf te fokus. So kan ons ook ‘n groter rol in die transformasie van die wynbedryf speel,” sê Louis Strydom, voorsitter van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust. 

 

“Ons sal vir eers net een Wingerdkunde Protégé tydens 2015 oplei, maar ons hoop dat dié program net so suksesvol soos die Wynkunde Protégé Program sal word,” sê Strydom.

 

Die Kaapse Wynmakersgilde se Wynkunde Protégé-program is in 2006 gestig. Sedertdien is vyf van dié program se voormalige protégés reeds in voltydse wynmaakposte aangestel.

 

“Hoewel dit wonderlik is om in projekte te belê wat positiewe korttermynresultate toon, kyk ons na die groter prentjie en verkies ons om op projekte te fokus wat ‘n volhoubare bydrae sal lewer tot die bedryf en sy mense oor die jare wat kom,” sê VinPro se Transformasie- en Ontwikkelingsbestuurder, Johan Giliomee. VinPro is ‘n diensorganisasie wat professionele- en konsultasiedienste aan die wingerdbou-, wynmaak-, grondkunde-, landbou-ekonomie en algemene bestuursdienste aan wynprodusente lewer.

 

“Die Kaapse Wynmakersgilde het ‘n unieke benadering tot opleiding. Dus beskou ons hulle as ‘n organisasie wat ‘n daadwerklike verskil kan maak,” voeg Giliomee by.

 

Die VinPro Stigting is in 2013 gestig met die doel om belangrike projekte te befonds wat ‘n positiewe impak op die welstand van alle rolspelers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf kan maak.

 

image
Louis Strydom voorsitter van Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust

Die Gilde se VinPro Wingerdkunde Protégé-program is daarop gemik om belowende, jong gegradueerdes te ontwikkel, te kweek en die nodige vaardighede te leer sodat hulle self puik wingerdkundiges kan word. Deur sy-aan-sy met lede van die Gilde te werk, word die protégés verseker van goeie, eerstehandse ervaring van die kuns agter verbouingspraktyke en die impak daarvan op die gehalte van verskeie druifsoorte en uiteindelik op die kwaliteit en styl van ‘n wyn.  Die suksesvolle kandidate wat tot hierdie program toegelaat word, ontvang ‘n salaris, afrigting in terme van lewensvaardighede, word toegelaat om verskeie Kaapse Wynmakersgilde-funksies en -wynproeë by te woon, die geleentheid om netwerke in die wynbedryf op te bou, asook ‘n sertifikaat om te bewys dat hulle die twee jaar lange Wingerdkunde Protégé-program voltooi het.

 

Studente wat daarin belangstel om vir die Gilde se VinPro Wingerdkunde- of die Wynkunde-Protégé-program aansoek te doen, kan die Gilde se webtuiste besoek bywww.capewinemakersguild.com, ‘n e-pos aaninfo@capewinemakersguild.com stuur of (+27)021 852 0408 skakel.