Die Kaapse Wynmakersgilde bie

Een van die mees belangrikste datums het die afgelope Saterdag aangebreek op die wyn kalender. Vroeg Saterdag het ons stadig, maar seker ons weg gemaak na Spier vir die 2014 Kaapse Wynmakersgilde. 

image
Afslaar Henré Hablutzel

Na n effense ompad langs die Fals baai kuslyn af het ons aangekom by Spier. Dit was reeds bloedig warm en ons kon nie wag om uit die mobiele oond te klim. Dit was warm en boonop nog het ons gestop by die verkeerde ingang. Dus moes ons loop na die Konferensiesentrum.  Dit was egter die moeite werd en het vir ons meer tyd gegee om Spier via die stap paadjie soentoe te verken. Dit was die moeite werd.

image
Die bie

Daar aangekom was ons dors en die hitte was al reeds uitmergelend. Bacchus homself moes weet ons is oppad. Alhoewel dit was vroeg en n vinnige tee en ontbyt sprei was in orde buite onder die bome voor die ou herehuis. Sommer vinnig was ons lankal oor die tee en dit was tyd vir wyn.

image
Mooi borde in die herehuis

Gelukkig in die VIP afdeling het ons sommer die dag afgeskop met n glassie borrels soos dit hoort en verder gepeusel aan die sprei. Dit was stamp vol en ongelukkig het ons net net die kans gemis om weer van die bie wyne te proe. Ons het vinnig oorgeskakel na n heerlike Chardonnay van Hartenberg en net n jammerte dit was nie lank of daar was niks oor.

image
Melissa Chetty of te wel @MerlotGirl

Tussen die gesels en kuier het ons lafenis gevind op die stoep. Die wie’s wie van die wynbedryf was orals en ons het niw geweet waar om te begin om halo te se. Tot ons verassing net toe ons dink dis die einde, het n middagete op ons gewag. Slaaie, sush en wat ons dink sosaties was het op ons gewag.

image
Karen Glansfield van KGB wine en haar man Travis

Die bie het met die aankom slag alreeds op 5 miljoen rand gestaan. Ons het nie gebie nie, maar dit was verbysterend hoeveel geld spandeer is op wyn.  Suid-Afrika kan defnitief kers vashou by die beste van Europa. In totaal is net onder 12 miljoen ingesamel. Die hoogste op rekord in die 30ste bestaan jaar van die Kaapse Wynmakersgilde. Miguel chan van die Tsogo sun groep was top bieër op die dag met n rekening van 2.47 miljoen rand.  Ons gunsteling die 2004 Le Riche Cabernet Sauvignon was een van die gilde se hoogste gepryste wyne teen R7000 per kis. 

image
Miguel Chan

Die son het water getrek en ons moes ongelukkig terug Kaapstad toe gaan. Oppad terug het ons gestop by Bistro 13 die nuwe eetplek op Welmoed vir n glasie wyn. Ons sal volgende keer hieroor blog. Dankie aan die Gilde vir n heerlike dag en baie geluk met die sukses by die bie die jaar.

image
Onder die bome by Welmoed