Yonder Hill Wyne se Inanda 2013 – Plek van skoonheid

 

wpid-yonder-hill-inanda-2013.jpg.jpeg

 

Yonder Hill Wyne is geleë langs die R44 sowat 15km vanaf Stellenbosch.  Hier aan die hange van Helderberg word 6 hektaar wingerd omtower tot ‘n reeks top wyne waarvan die Inanda 2013 geen uitsondering is nie.

 

Inanda 2013

Die Inanda – wat Plek van Skoonheid in Zoeloe beteken, is ‘n 47%Cabernet Franc,44%Cabernet Sauvignon, 6% Merlot en 3% Petit Verdot versnit.  Dit pronk met ‘n komplekse neus van geroosterde koffiebone en donker sjokolade geure, gekomplimenteer deur pikante rooibessie-smake.  Met ‘n verouderingspotensiaal van sowat 4 tot 6 jaar, het die Inanda ‘n elegante, gebalanseerdesamestelling wat ook dadelik geniet kan word.  Die Inanda is bekroon met ‘n silwer Veritas toekenning asook ‘n 3.5-ster Platter toekening en teen R90.00 per bottel is dié wyn beslis ‘n moetlangs die winter se kaggelvuur.

 

Wynmaakproses

Die vier druifkultivarsword op verskillende stadia tydens die seisoen ryp en word dus apart geoes en gefermenteer.  Na versnyding en sekondêre gisting (appelmelksuurgisting), word die versnit vir 13 maande in slegs 2251 Franse Eikehoutvate verouder.

 

In die wingerd

Die vyfjaar oue wingerd is aan die noordelike hange van die plaas gevestig waar die wingerdstokke teen ‘n hoë prieel opgelei word om munt te slaan uit maksimum sonblootstelling, asook die ligte seebries vanaf Valsbaai.  Die wingerde word minimaal hanteer of bespuit met gifstowwe om ekovriendelike boerderymetodes te verseker.

 

Kom proeTop of Form

Kom geniet Yonder Hill se hartlike Bolandse gasvryheid by die rolstoelvriendelike proelokaal.

Tye

Maandag tot Vrydag: 09:00 – 16:00

Gesluit op naweke, openbare vakansiedae en Paasnaweek.

 

Kostes

R30 per persoon sluit in: ‘n verwelkomingsdrankie, 4 wyne en Olyfberg Olyfprodukte.

Keldertoere saam met wynmaker Abe Beukes is ook beskikbaar.

 

Bespreek ook gerus vir ‘n kaas en wyn proe teen R85.00 per persoon.  Die bord bestaan uit 4 kase, Olyfberg olyfprodukte en ‘n verskeidenheid beskuitjies en broodjies.  Die wynproe sluit een verwelkomingsdrankie en 4 wyne in.

 

Besoek hul webwerf by www.yonderhill.co.za vir meer inligting oor hul ander wyne asook afsetpunte.  Bestellings kan aanlyn of telefonies geplaas word by Yonder Hill Wyne.

 

Vir meer inligting skakel Susan Smith by 021 855 1008of susan@yonderhill.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/WineEstate

Twitter: @YonderhillWine