SACheeseFest2015 (3)

INNOVEER MET SA KAASFEES

Kaasliefhebbers kan ‘n ongelooflike smaaksensasie verwag met innoverende koskombinasies deur glanspersoonlikhede by die SA Kaasfees vanaf 25-27 April by Sandringham in Stellenbosch.

n Indrukwekkende verskeidenheid kaas en verwante produkte word in die Checkers Kaasemporium gehuisves. Hierdie jaar behaal die kaasfees ‘n nuwe rekord deur die meeste ruimte wat in 14 jaar deur kaasuitstallers opgeneem is.

 

SACheeseFest2015 (4)

Bekende persoonlikhede soos Nataniël, Giggling Gourmet Jenny Morris, Sarie kosredakteur Herman Lensing en Kokkedore Johnny Hamman en Marius Uys gaan hul kulinêre vernuf ten toon stel wanneer hulle watertand geregte met kaas en vleis met plaaslike en internasionale wyne in die Checkers Markteater optower.

Die Afrox Kookpot kook hierdie jaar met programaanbiedings wat ‘n uitsonderlike seleksie van innoverende koskombinasies en vermaaklike aanbieders insluit. Feesgangers kan ‘n eet-ervaring verwag wat hul smaakkliere sal kielie.

SACheeseFest2015 (3)

Die Agri-Expo Mall het ‘n uitgesoekte verskeidenheid verwante produkte wat geproe en gekoop kan word om later te geniet.

n Nuwe toevoeging tot die fees is die Wes-Kaapse Departement Landbou projek Cape Made: Taste the Alternatives, wat alternatiewe produkte soos granate, olywe, kruie, sampioene, neute, heuning, inheemse tee en suurvye insluit. Ontdek die verassings wat hierdie innoverende nuwe toevoeging beskikbaar het en ondersteun ons plaaslike nismarkte sodat hulle kan groei tot voordeel van almal.

By die SA Kaasfees word gewone blokke kaas in kunswerke omskep met die daaglikse Ladismith Kaaskerfkompetisie. Hierdie kompetisie is reuse pret vir enigeen wat kans sien om deel te neem.

Uitstekende kwaliteit eetplekke en kostrokke (food trucks) in die Gourmet Laan sal sorg vir ‘n geurige verskeidenheid disse vir middagetes en selfs vroeë aandetes.

Kindervermaak sluit ‘n verskeidenheid van aktiwiteite in soos die Kinderhoekie en die Melkfabriek, waar die kleinspan interaksie kan hê met diere van verskillende suiwelrasse. Die Cornetto Tienersone is een van die innoverende aktiwiteite waar tieners met hul vriende kan ontspan (chill) tussen die geroesmoes van duisende feesgangers.

SACheeseFest2015 (2)

Kaartjies is by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkels beskikbaar teen R130 per dag. Senior burgers betaal R100 per dag en kinders 13 jaar en jonger kry gratis toegang. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00. Sandingham is gerieflik langs die N1 geleë, afrit 39, tussen Kaapstad en Paarl.

Vir meer inligting, kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za of besoek www.cheesefestival.co.za