Wade Bales Wine and Malt Whisky Affair

image

WAT: Wade Bales wine and whisky affair

WAAR: 15 on Orange Hotel Kaapstad

DATUM: 8 Mei 2015

So stilletjies het die Wade Bales wine society sy twintigste bestaansjaar gevier nie te lank terug.  Wade het al terug in 2011 die kans gesien om wyn en whisky onder een dak te huisves. Dus was die Wade Bales wine and malt whisky affair gebore.

Wade werk al sedert 1992 in die bedryf en sy “warehouse sales” is al legendaries. Met ver reikende bedryfs  kontakte en sterk media vernuf wys Wade dat harde werk die moeite werd is.

Hierdie jaar vind die Wade Bales Wine and Malt Whisky affair aangebied deur BNP Paribas securities weer plaas by die 15 on Orange Hotel hier in Kaapstad.

044

Wyn liefhebbers kan uitsien na meer as 100 vooraanstaande wyne op die aand. Dit sluit plase soos Delaire-Graff Estate, Rustenberg Wines en Ernie Els in. Met vele meer nog op die aand.Wat die whisky aanbetref kan mens net die beste verwag met name soos Machir Bay Islay Single Malt, Glenfarclas 12, Glenfarclas 17 & 19 jaar oud,  Bunnahabhain, Glen Grant, Glenfiddich en The Balvenie.

food pic

Wyn en Whisky meesters klasse word op die aand aangebied en dit beloof om n sjiek aand te wees volgens Wade.  Ons was laasjaar daar en dit is n aand op die sosiale kalender om nie te mis.

 

photos by GodsKidBrother.tumblr.com (51 of 53)

Kaartjies begin by R180 en R200 vir onbeperkte wyn en whisky proeë. Kaartjies kan bekom word deur Computicket.  Dit is slegs een aand so mens sal moet wikkel vir n kaartjie.

Vir meer inligting skakel Patricia Uribe-Daras op 021 794 2151.