7de SHIRAZ-OP-SKOU

image

Produsente van Suid-Afrikaanse Shiraz gaan op 18 Junie 2015 weer byeen kom om die jaarlikse Shiraz-op-Skouaantebied. Liefhebbers van hierdie gewilde kultivar gaan bekoor word met die jongste vrystellings en trofee-wenners.

 

Hierdie geleentheid wat reeds in sy 7de jaar is, skuif vanjaar na 4 jaar by die alombekende Vineyard Hotel in Claremont, terug na die Kaapse Internationale Konferensiesentrum. Spasie en die groei in die aantal deelnemers en besoekers het die organiseerders genoop om hierdie skuif te maak.

 

Die proe begin om 18:00, duur tot 21:00 en word in ‘n ontspanne atmosfeer aangebied wat gaste die geleentheid bied om die wyne op hul eie tyd te proe, ‘n geselsie met die wynmakers aan te knoop en so bietjie meer te leer van die ongelooflike aantal handelsmerke en Shiraz-versnitte wat in die markplek is.

 

Kaartjies teen R120 stuk word deur Web Tickets verkoop.  Hul vennootskap met Pick ‘n Pay bied ‘n welkom alternatief tot aanlynkaartjie-verkope. Groepe van 10en meerkry die geleentheidomafslag-kaartjies aan te koop.

 

Gaste ontvang ‘n sjiek wynglas asook ‘n brosjure met interessante feite en inligting oor al die wyne wat geskou word. KIKS gaan ‘n verskeidenheid versnaperinge wat Shiraz komplimenteer, tekoop aanbied – ‘n gulde geleentheid om sommer self so bietjiekos-en-wynteproe-en-pas.

Met produsente uit al die verskillende wynproduserende streke van Suid-Afrika teenwoordig, gaan aanhangers van Shiraz hulle verlustig in die wye seleksie van style waaruit hulle sal kan kies en keur. Van die beste voorbeelde van Suid-Afrikaanse Shiraz gaan ten toongestel word en die wenners van die 2015 Shiraz Challenge gaan ook kom spog. Hierdie gaan ‘n keur van nuweoesjare, gunstelinge uit die verlede en trotse wenners van plaaslike en internasionale toekennings wees. ‘n Absolute fees van Shiraz, Shiraz en nog Shiraz …

 

Gesels saam op Twitter by @Shiraz_SA of op Facebook byhttps://www.facebook.com/ShirazSouthAfrica

 

Vir verdere inligting kontak Sandra Lotz by 082924 7254 ofinfo@shirazsa.co.za of besoek ons webtuiste bywww.shirazsa.co.za