Signal Gun Wyne Besoek

20150709_104348

 

Ons was laas week Donderdag genooi na die media dag by Signal Gun wyne. Dit het n rukkie gevat voor ons kon saam deel in ervaringe op die dag. Die tema van die dag was safari en ons sou aangenaam verras word op die dag.

Signal Gun so vernoem na die vele kanonne is al vir vyf geslagte in die de Witt gesin. Vroeg oggend is ons al weg vanuit Kaapstad na Durbanville en wat n heerlike warm wintersdag was dit nie. Met die aankoms het tee,koffie,sap en muffins  op ons gewag. Die uitsig vanaf hul restuarant Ke-Monate is beeldskoon. Stik vir stuk het almal aangekom en dit was amper tyd om te sien watter een van die media die kanon sou afvuur.

20150709_112344 (2)

 

John Ford was gekies om die kanon te skiet. Die kanonne dateer vanuit die V.O.C se dae. nogal n lekker geskiedenis les vir ons om te hoor dat omtrent vyftig van hulle regoor die Wes-Kaap geplaas was. Ons sukkel effens om die film van die skoot te laai so as iemand raad het laat weet. Dit was een van hoogte punte van die dag vir ons almal.

Kortliks daarna is ons op na die bier brouwery van die plaas waar kelder meester M.J de witt al in 2014 besluit het om “craft” bier te maak en dit onder die ettiket Hoogeberg Brouwery te bottel. Die bier het sulke lekker name soos ystervark en bontebok. Dit verwys na die wild op die plaas en die wild ritte wat aangebied word in die somer maande.

20150709_123823

20150709_124744

 

Ons was immers op n wyn plaas en al was die biere op almal se lippe het daar wyn vir ons gewag. Elke wyn was gepaar met n pizza en sommiges meer suksesvol as ander,maar steeds pret. Die wyne was aangenaam en die gunstelling op die dag was die Sea Smoke Sauvignon Blanc.

20150709_131926

 

Die post is kort maar ons wou nie te veel weg gee. Gaan besoek gerus Signal Gun wyne en maak n dag daarvan. Tussen die bier, wyn en pizza paarings en die mooie uitsig is dit definitief die draai werd.

 

Vir meer inligting gaan na www.signalgun.com