Category Archives: algemeen

image

#STELLENBLOG

 

Wie sou ooit kon dink dat iets soos n hutsteken so effektief kon werk in die promosie van n wyn streek.  Simon van der Stel sou nooit kon dink in die vormings jare van die Eikestad dat dit eendag wêreld beroemd  sou raak nie. Alhoewel dit moet genoem word dat die skone Stellenbosch ook vele te dank het aan die skeppers van die heel eerste wynroetes al terug in die sewentige jare deur Frans Malan van Simomsig onderandere.

 

Dinge het egter varander vanaf daardie vroe jare  tussen die strate van eeu oue geboue en eike bome. Stellenbosch is n vibrante dorp gevul met wereld klas verblyf en vele eet plekkies om elke smaak en sak te pas. Dan kom mens nie eers uit by die menigte gallerye en unieke plekke om te besoek nie.  Die dorp pronk dan ook met kunswerke in vele openbare plekke, ons gunstelling is die dansers net oorkant die die ou ng kerk.

Wat wyn aanbetref skort daar niks. Vanaf die konings van Pinotage  tot die uistekende wyne vanaf Le Riche en Boschkloof. Dan hoe kan mens Stellenbosch noem sonder om te dink aan Delheim, Ken Forrester en Delaire Graff en van die nuwer juwele in die skatkis.

Indien jy jouself dalk in die kontrei mag bevind, vat n  oomblik en verken van die vele verassings wat om elke draai vir mens wag. Maak n draai by  Schoon De Companje vroeg dag al vir n koffie. Of maak n draai by die R44 mark. Bitro 13 is n lekker middag ete plekkie. Daar is net te veel om te noem en ons wil nie graag iemand uit los in die post nie.

Maandag kan jy ons heeldag volg vir die #Stellenblog opbou en partyjie. Miskien sien ons jou daar wie weet…

Gaan na www.stellenboschexperience.co.za vir verdere inligting.

 

 

 

 

 

Wellington Fork & Cork wynfees

image

Wellington en die Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete bied 12 September 2015 hul 2de jaarlikse Fork & Cork wynfees te Kleinevalleij Landgoed aan.  Dié fees beloof om ‘n ieder en elk met die beste plaaslike kos, wyn, kuns en vermaak vanuit die Wamakersvallei te trakteer.

 

Feesgangers kan uitsien na ‘n varsprodukte- en ‘n leefstylmark met ‘n splinternuwe wynteater wat vyf verskillende produksies aanbied.  Wonderlike pryse kan ook tydens elke sessie gewen word.  Die fees is kindervriendelik en ouers kan die luilekker Bolandse gasvryheid geniet terwyl die kleinspan onder toesig buite baljaar.

 

Musiek

Musiekliefhebbers kan vanaf 12h00 regskuif vir die swingrock-klanke van die agstuk Swingsetters (http://swingsetters.co.za/) waarna die Bootleggers (http://www.thebootleggers.co.za/), ‘n sesstuk blues en jazz orkes omstreeks 15h00 sal oorneem.

 

Wynteater

Die vyf  wynteaters by Festa Restaurant op Kleinevalleij Landgoed sluit in:

 

The People’s Chenin– Hier word dié kultivar onder leiding van bekroonde wynmakers bespreek. Ses wyne word blind geproe en elke persoon kies sy drie gunstelinge, waarna die People’s Chenin aangekondig sal word.  Een gelukkige persoon sal ook ‘n kis van die omgewing se Chenin Blanc wyne wen.

Rooi Reuse– Wynmakers vergelyk en bespreek die karakter van rooiwyne soos Rhône, Bordeaux en Cape Blends.  Dit gaan gepaard met ‘n wynproe.  ‘n Gelukkige deelnemer staan ook die kans om ‘n kis van die omgewing se rooiwyne huis toe te neem.

Sedgwicks en Andy Watts – Hierdie sessie behels ‘n Whisky proe en aanbieding deur die bekende distilleerder Andy Watts wat onlangs weer bekroon is vir sy Three Ships Whisky en Bain’s Cape Mountain Whisky.  Een gelukkige wenner stap weg met twee bottels Bain’s Cape Mountain Whisky. 

Pinotage en Persoonlikhede Dié teaters stel bekend persoonlikhede uit die vallei wat ‘gepaar’ word met  Pinotage en toeskouers onthaal op  Wellington staaltjies.  Een gelukkige wenner ontvang ‘n gemengde kis Pinotage uit die omgewing.

Wellington Quest for the Best Top 10 – Die Grand Finale vir die dag se wynteateraanbiedinge is die proe en bespreking van vanjaar se Wellington Quest for the Best top 10 wyne gelei deur hulle onderskeie wynmakers. Quest for the Best is uniek deur Wellington ontwikkel met die doel om juis die besonderse kwaliteit en diversiteit van Wyne van Oorsprong Wellington te vier en aan die publiek ten toon te stel.  ‘n Gelukkige wenner stap weg met al 10 dié top wyne.

 

Pryse

Gedurende die dag se feesvieringe gaan verskeie gelukkige trekkings plaasvind met fantastiese pryse wat onder meer insluit geskenkpakkies vanaf die leefstylmark, wyn, etes, verblyf, Zipline geskenkbewyse, kaartjies na die Tuin van Digtersfees en nog baie meer.

 

Kom vier saam met ons Wellington en sy mense en vind uit waarom ons bekroon  is as die Wes-Kaap se Kwêla Dorp van die Jaar 2015.  Kwêla Dorp van die Jaar insetsel:http://kyknet.dstv.com/2015/05/26/kwela-wellington-dorp-van-die-jaar-finalis/

 

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R150 per persoon. Die fooi sluit in ‘n glas, gratis proeë asook ingang tot die vyf wynteaters.  Kinders onder 17 kry gratis toegang.  Die feestelikheid begin om 10h00 en eindig 18h00 waarna feesgangers hul vieringe by Festa Restaurant kan voortsit.

 

Vir meer inligting en volledige program kontak tel 021 864 1378, epos info@wellington.co.za of besoekwww.wellington.co.za/forkcork

Signal Gun Wyne Besoek

20150709_104348

 

Ons was laas week Donderdag genooi na die media dag by Signal Gun wyne. Dit het n rukkie gevat voor ons kon saam deel in ervaringe op die dag. Die tema van die dag was safari en ons sou aangenaam verras word op die dag.

Signal Gun so vernoem na die vele kanonne is al vir vyf geslagte in die de Witt gesin. Vroeg oggend is ons al weg vanuit Kaapstad na Durbanville en wat n heerlike warm wintersdag was dit nie. Met die aankoms het tee,koffie,sap en muffins  op ons gewag. Die uitsig vanaf hul restuarant Ke-Monate is beeldskoon. Stik vir stuk het almal aangekom en dit was amper tyd om te sien watter een van die media die kanon sou afvuur.

20150709_112344 (2)

 

John Ford was gekies om die kanon te skiet. Die kanonne dateer vanuit die V.O.C se dae. nogal n lekker geskiedenis les vir ons om te hoor dat omtrent vyftig van hulle regoor die Wes-Kaap geplaas was. Ons sukkel effens om die film van die skoot te laai so as iemand raad het laat weet. Dit was een van hoogte punte van die dag vir ons almal.

Kortliks daarna is ons op na die bier brouwery van die plaas waar kelder meester M.J de witt al in 2014 besluit het om “craft” bier te maak en dit onder die ettiket Hoogeberg Brouwery te bottel. Die bier het sulke lekker name soos ystervark en bontebok. Dit verwys na die wild op die plaas en die wild ritte wat aangebied word in die somer maande.

20150709_123823

20150709_124744

 

Ons was immers op n wyn plaas en al was die biere op almal se lippe het daar wyn vir ons gewag. Elke wyn was gepaar met n pizza en sommiges meer suksesvol as ander,maar steeds pret. Die wyne was aangenaam en die gunstelling op die dag was die Sea Smoke Sauvignon Blanc.

20150709_131926

 

Die post is kort maar ons wou nie te veel weg gee. Gaan besoek gerus Signal Gun wyne en maak n dag daarvan. Tussen die bier, wyn en pizza paarings en die mooie uitsig is dit definitief die draai werd.

 

Vir meer inligting gaan na www.signalgun.com

 

 

 

Yonder Hill Beesstert resep

 

YonderHill Oxtail

Die geheim is om die Beesstert die dag voor jy dit wil voorsit,te maak.

 

 

Bestanddele

2.5kg beesstert (indien jy in die Stellenbosch-omgewing woon, kan ons Bird Street Butcher in Stellenbosch se topkwaliteit beesstert aanbeveel)

500ml Yonder Hill Inanda – geniet die res in ‘n glas…

3 groot rooiuie gekap

2 stingels preie gekerf

3 stingels seldery gekerf

3 groot wortels gekerf

80ml Olyfberg olyfolie

5 pepperkorrels

4 naeltjies

2 lourierblare

8 knipsels vars tiemie

1 koppie meel

1 opgehoopde teelêpel fyn koljander

1 opgehoopde teelêpel fyn gemmer of 1.5cm vars gemmer gerasper

2 blokkies hoenderaftreksel opgelos in 5 koppies water

Sout en peper na smaak

 

Metode

 

  1. Verhit oond tot 180 grade Celsius.
  2. Maak Inanda oop en skink 250ml in wynglas. Geniet!
  3. Braai uie, seldery, preie en wortel in olyfolie tot glasig en skep uit op bord.
  4. Terwyl die groente braai, maak n mengsel van meel en fyn speserye in ‘n plastiese houer met deksel.
  5. Plaas die vleis in die houer, seel dit en skud goed totdat die meelmengsel dit volledig bedek.
  6. Braai die beesstert in olyfolie tot bruin.
  7. Neem ‘n tweede proe Inanda en geniet die dinamiese vermenging van geroosterde koffieboon, donkersjokolade en rooi bessie geure
  8. Skep die groente en vleis afwisselend in ‘n oondkasserolbak.
  9. Voeg die wyn, hoenderaftreksel, speserye en kruie by.
  10. Plaas die bak in voorafverhitte oond teen 180 grade Celcius vir 1 uur.
  11. Verminder die oondhitte na 150 grade Celcius en bak stadig vir ‘n verdere 4-5 uur terwyl jy ontspan en die res van die glas Inanda geniet.
  12. Laat afkoel en skep enige vet af.
  13. Verhit die volgende dag deeglik en voeg pietersielie by.
  14. Bedien saam met rys of polenta.
  15. Bederf gaste met ‘n glas Inanda en verlustig julself in ‘n perfekte paring tussen die diep, rooi bessies aromas en smullekker beesstert.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

YONDER HILL WINE FARMING CC

Yonder Hill, Route 44, Stellenbosch/Somerset West · P.O. Box 914; Stellenbosch, 7599

TEL (021) 855 1008 · FAX (021) 855 1006 · Email: wines@yonderhill.co.za · www.yonderhill.co.za

Members: F.S. Naudé Trust, The Olive Trust

Reg. No.: 2008/133841/23 · VAT No.: 4530 251 398

Yonder Hill Wyne se Inanda 2013 – Plek van skoonheid

 

wpid-yonder-hill-inanda-2013.jpg.jpeg

 

Yonder Hill Wyne is geleë langs die R44 sowat 15km vanaf Stellenbosch.  Hier aan die hange van Helderberg word 6 hektaar wingerd omtower tot ‘n reeks top wyne waarvan die Inanda 2013 geen uitsondering is nie.

 

Inanda 2013

Die Inanda – wat Plek van Skoonheid in Zoeloe beteken, is ‘n 47%Cabernet Franc,44%Cabernet Sauvignon, 6% Merlot en 3% Petit Verdot versnit.  Dit pronk met ‘n komplekse neus van geroosterde koffiebone en donker sjokolade geure, gekomplimenteer deur pikante rooibessie-smake.  Met ‘n verouderingspotensiaal van sowat 4 tot 6 jaar, het die Inanda ‘n elegante, gebalanseerdesamestelling wat ook dadelik geniet kan word.  Die Inanda is bekroon met ‘n silwer Veritas toekenning asook ‘n 3.5-ster Platter toekening en teen R90.00 per bottel is dié wyn beslis ‘n moetlangs die winter se kaggelvuur.

 

Wynmaakproses

Die vier druifkultivarsword op verskillende stadia tydens die seisoen ryp en word dus apart geoes en gefermenteer.  Na versnyding en sekondêre gisting (appelmelksuurgisting), word die versnit vir 13 maande in slegs 2251 Franse Eikehoutvate verouder.

 

In die wingerd

Die vyfjaar oue wingerd is aan die noordelike hange van die plaas gevestig waar die wingerdstokke teen ‘n hoë prieel opgelei word om munt te slaan uit maksimum sonblootstelling, asook die ligte seebries vanaf Valsbaai.  Die wingerde word minimaal hanteer of bespuit met gifstowwe om ekovriendelike boerderymetodes te verseker.

 

Kom proeTop of Form

Kom geniet Yonder Hill se hartlike Bolandse gasvryheid by die rolstoelvriendelike proelokaal.

Tye

Maandag tot Vrydag: 09:00 – 16:00

Gesluit op naweke, openbare vakansiedae en Paasnaweek.

 

Kostes

R30 per persoon sluit in: ‘n verwelkomingsdrankie, 4 wyne en Olyfberg Olyfprodukte.

Keldertoere saam met wynmaker Abe Beukes is ook beskikbaar.

 

Bespreek ook gerus vir ‘n kaas en wyn proe teen R85.00 per persoon.  Die bord bestaan uit 4 kase, Olyfberg olyfprodukte en ‘n verskeidenheid beskuitjies en broodjies.  Die wynproe sluit een verwelkomingsdrankie en 4 wyne in.

 

Besoek hul webwerf by www.yonderhill.co.za vir meer inligting oor hul ander wyne asook afsetpunte.  Bestellings kan aanlyn of telefonies geplaas word by Yonder Hill Wyne.

 

Vir meer inligting skakel Susan Smith by 021 855 1008of susan@yonderhill.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/WineEstate

Twitter: @YonderhillWine