Tag Archives: kaapstad

7de SHIRAZ-OP-SKOU

image

Produsente van Suid-Afrikaanse Shiraz gaan op 18 Junie 2015 weer byeen kom om die jaarlikse Shiraz-op-Skouaantebied. Liefhebbers van hierdie gewilde kultivar gaan bekoor word met die jongste vrystellings en trofee-wenners.

 

Hierdie geleentheid wat reeds in sy 7de jaar is, skuif vanjaar na 4 jaar by die alombekende Vineyard Hotel in Claremont, terug na die Kaapse Internationale Konferensiesentrum. Spasie en die groei in die aantal deelnemers en besoekers het die organiseerders genoop om hierdie skuif te maak.

 

Die proe begin om 18:00, duur tot 21:00 en word in ‘n ontspanne atmosfeer aangebied wat gaste die geleentheid bied om die wyne op hul eie tyd te proe, ‘n geselsie met die wynmakers aan te knoop en so bietjie meer te leer van die ongelooflike aantal handelsmerke en Shiraz-versnitte wat in die markplek is.

 

Kaartjies teen R120 stuk word deur Web Tickets verkoop.  Hul vennootskap met Pick ‘n Pay bied ‘n welkom alternatief tot aanlynkaartjie-verkope. Groepe van 10en meerkry die geleentheidomafslag-kaartjies aan te koop.

 

Gaste ontvang ‘n sjiek wynglas asook ‘n brosjure met interessante feite en inligting oor al die wyne wat geskou word. KIKS gaan ‘n verskeidenheid versnaperinge wat Shiraz komplimenteer, tekoop aanbied – ‘n gulde geleentheid om sommer self so bietjiekos-en-wynteproe-en-pas.

Met produsente uit al die verskillende wynproduserende streke van Suid-Afrika teenwoordig, gaan aanhangers van Shiraz hulle verlustig in die wye seleksie van style waaruit hulle sal kan kies en keur. Van die beste voorbeelde van Suid-Afrikaanse Shiraz gaan ten toongestel word en die wenners van die 2015 Shiraz Challenge gaan ook kom spog. Hierdie gaan ‘n keur van nuweoesjare, gunstelinge uit die verlede en trotse wenners van plaaslike en internasionale toekennings wees. ‘n Absolute fees van Shiraz, Shiraz en nog Shiraz …

 

Gesels saam op Twitter by @Shiraz_SA of op Facebook byhttps://www.facebook.com/ShirazSouthAfrica

 

Vir verdere inligting kontak Sandra Lotz by 082924 7254 ofinfo@shirazsa.co.za of besoek ons webtuiste bywww.shirazsa.co.za

Henne Hane en wyn, span Suid-Afrika oppad na Frankryk

image
Van links na regs :Mosaic span Suid-Afrika: Judy
Bower(wine.co.za), Chris Groenewald, Jean-Vincent Ridon(span bestuurder), Lizé Oosthuizen, Xavier d’Argoeuves(Franse Konsulaat),
Samarie Smith, Gavin Whittaker, Ralph Reynolds.

Die Suid Afrikaanse wynproe kompetisie 2014 of te wel SAWTC ,het die 25 Augustus die top 20 gevier hier in Kaapstad. Met pryse uitgedeel deur die Fraanse Konsulaat Xavier d’Argoeuves.

Hierdie top 20 moes by n onlangse geleentheid hul staal wys deur 10 verskillende wyne blind te proe. Daar was selfs wyne van Italie en Frankryk om dit meer uitdagend te maak vir deelnemers.

Omdat die SAWTC oop was tot almal, het die 20 proewers gekom van wye agtergronde insluitende wyn skrywers, wynmaakers, sommeliers te same met wyn liefhebbers en amateurs.

Wyne van Suid Afrika se mees inoverende landgoede het die proewers op hul tone gehou. Plase soos Steenberg, Marianne,
Creation, Lutzville, Jordan, Edgebaston, Beau Belle en Spice Route,plus n Franse Grenache en Italiaanse Pinot Grigio het deel gemaak hiervan. Die top 20 is dan ook bederf met n geskenk pakkie wat wyne ingesluit het van die bogenoemde plase. Dit is interesant om te noteer dat al die wyne vir die proe en die aand geskenk was.

Dit was n moeilike taak vir proewers omdat die taak geverg het dat hul nie net n goeie palet en skerp neus moes he nie, maar ook uitstekende geheue.

Uit die top 20 is slegs 5 deelnemers geselekteer om na die wêreld blind proe kompetisie te gaan in die hartjie van die Franse streek Champagne.Met die 10 finaliste wat oor die volgende paar weke verdere opleiding ondergaan.

Die top 10 proewers vir 2014 is:

Johan Conradie
Chris Groenewald
Chantelle Johansson
Nicole Kuhnert
Lizé Oosthuizen
Ralph Reynolds
Jessica Saurwein
Samarie Smith
Anton Swarts
Gavin Whittaker

Die top 5 ( met 4 wat na Frankryk gaan) is :

Ralph Reynolds
Chris Groenewald,
Gavin Whittaker
Samarie Smith
Lizé Oosthuizen

Span Mosaic sal saam met span Suid-Afrika na die Orient hotel net buite Pretoria gaan vir verdere spanbou.
Die Mosaic restaurant hier, bestuur deur Chantelle Dartnall het die mees uitgebreide wynlys op die kontinent met 3000 wyne in hul kelder.  Die kelder bestuurder,Germain
Lehodey was een van die finaliste vir Beste Sommelier in die wêreld, en sal span  Mosaic oplei om die ander 22 internasionale spanne aan te vat later vanjaar.

Span Mosaic wat Suid-Afrika verteenwoordig is saamgestel uit 4  proewers met een aflos. Huil sluit in Ralph Reynolds, Chris Groenewald, Gavin
Whittaker, Samarie Smith and Lizé Oosthuizen.

Hul sal die Suid-Afrikaanse vlag hoog vlieg twrwyl hul die huidige kampioene Belgie probeer ontroon. Die twee en n half uur lange kompetisie sal hul vaardighede toets. Twaalf wyne sal hier blind geproe word. Deelnemers sal die land, streek, kultivar en produsent moet kan uitken.Hierdie is span Suid-Afrika se tweede keer by die kompetisie.

Vir meer info kontak gerus:

SAWTC – Jean Vincent RIDON
T +27 21 4225206
C +27 83 6750280
ridon@iafrica.com
sawtc2014@gmail.com

Die SAWTC se media venoot is wine.co.za

Mosaic span Suid-Afrika is geborg deur Mosaic Restaurant at the Orient. Verdere inligting op
www.restaurantmosaic.com

wpid-we_luv.jpg

We Luv Wine fees @ Cape Gate

Wynliefhebbers kan interessante nuwe smake ontdek by hierdie naweek se Cape Gate Wynfees op  Vrydag 22 Augustus van 17h00-21h00 en Saterdag, 23 Augustus van 12h00-18h00.

Spier Wyne stel hulle nuwe Chardonnay/Pinot Noir bekend en Blaawklippen Wingerde sal hulle “Before & After” Liquer and van hulle Grappa’s and Schnapps te proe aanbied.  Calitzdorp se De Krans is daar met hulle Port en wyne van ongewone Portuguese druifsoorte.  Villiera Wyne is trots op hulle nuwe verpakking en sal stil en vonkelwyne op die skou vertoon. 

image

Eetgoed soos Biltong, Kaas, Olywe, Olyf-olie en Sjokolade  word uitgestal en kan gekoop word, terwyl kosstalletjies  beskikbaar is vir honger feesgangers. Gemaklike sitplekke word geskep waar feesgangers  iets ligs kan eet, saam met ‘n glasie

Die wynplase wat deelneem is  Ayama Wyne, Beau Belle Wyne,  Blaauwklippen Wingerde, De Krans,  Domaine Tropez, Du Toitskloof Kelder, Eerste Hoop Wyne, Groenland, Mount Vernon, Koelenhof Wynkelder, Lanzerac, L’Avenir Stellenbosch, Oranje Rivier Kelder, Perdeberg Wyne, Raka, Rhebokskloof, Ruitersvlei,  Vergenoegd Wynlandgoed,  Villiera Wyne, Yonder Hill Wyne en  Zevenwacht.

Vanjaar is “The Pebbles Project” die welsynsorganisasie wat gaan baat by die fees.  Die organisasie is baie bekend in die wynbedryf en konsentreer daarop om hulp en opleiding te verleen aan minderbevoorregte kinders, en veral diesulkes wat deur alkoholmisbruik geraak word. 

Kaartjies: R50 pp (wat ‘n Cape Gate wynglas en proeboekie insluit).  Vooraf te koop by  www.plankton.mobi  asook by die fees-ingang elke dag.

Proe uitstekende wyne by die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase

image

Kaapstad: Donderdag 21 Augustus 2014 / Johannesburg: Woensdag 27 Augustus 2014

 

Gryp die geleentheid aan om uitsonderlike, kreatiewe wyne op die proef te stel en ervaar die toonbeeld van drie dekades se wynmaakvernuf by die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase. Dié Showcase vind onderskeidelik op Donderdag, 21 Augustus 2014 in Kaapstad en Woensdag, 27 Augustus 2014 in Johannesburg plaas.

 

image

Die jaarlikse wynskou bied wynliefhebbers die geleentheid om die gesogte uitsoekwyne te proe wat later vanjaar onder die hamer sal gaan by die 30ste Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling in Stellenbosch.

 

image

Die Gilde, wat reeds meer as 30 jaar na wyn uitnemendheid streef, bestaan tans uit 45 lede wat saam die toppunt van Suid-Afrikaanse wyn verteenwoordig. Hierdie wynmakers word erken vir hul hoë standaard van vakmanskap en slegs wyne wat spesiaal vir die Veiling gemaak word, word jaarliks opgeveil. Die veiling is oop vir die publiek, wynversamelaars en die drank- en restaurantbedryf.

 

Die Gilde se funksies in Kaapstad en Johannesburg bied wyngeesdriftiges die geleentheid om hierdie skaars, innoverende veilingwyne op die proef te stel.  Toonaangewende keldertrotse van die Gildelede sal ook tydens dié informele proeë wat deur die wynmakers self aangebied word, beskikbaar wees.

 

image

Showcase-besoekers sal ook die geleentheid hê om te bie op besonderse wyne van vorige Gilde-veilings wat deur die wynmakers self onderteken is tydens ‘n Stilteveiling ten bate van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust. Dié trust is in 1999 gestig en help met die opleiding, onderrig en bemagtiging van jongmense in die gemeenskappe rondom die wynbedryf en sluit die Gilde se Protégé Program in, ‘n mentorskapskema vir jong, opkomende wynmakers.

 

Kaapstad Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase

Donderdag 21 Augustus 2014

Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS)

18:00 – 21:00

R170 per person, insluitende ‘n proeglas

Kaartjies is beskikbaar bywww.webtickets.co.za

 

Johannesburg Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase

Woensdag 27 Augustus 2014

Die Atrium, Nedbank Hoofkantoor, Rivoniaweg 135, Sandton

18:00 – 21:00

R170 per person, insluitende ‘n proeglas

Kaartjies is beskikbaar bywww.webtickets.co.za

 

Die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling word op Saterdag 4 Oktober 2014 vanaf 09h00 by die Spier-Konferensiesentrum aangebied en is oop vir die publiek. Besoek www.capewinemakersguild.com, e-pos info@capewinemakersguild.com of skakel Tel: +27 +21 852 0408 om jou Showcase-kaartjies te koop of om uit te vind hoe jy die Veiling self kan bywoon om hierdie skaars en eksklusiewe wyne te bekom.

 

Gratis proesessies

image

Gister het ons n geleentheid deur ons vingers laat glip. Die kans van n leeftyd, maar spyt kom altyd te laat. Danksy n leser van ons blog het ons toe besluit om van nou af so suiwer afrikaans moontlik te gebruik.

Dit het my laat dink. Daar is menigte gratis proesessies regoor die stad wat op n weeklikse basis plaasvind. Baie mense kan ongelukkig nie so gereeld soos wat hul dalk wou die wynland besoek nie. Ons self is nog vasgevang in n dag joppie.

Hier in Kaapstad is daar darm vele gratis proesessies op n weeklikse basis. Ons almal het ons dinge, maar daar is nie meer n verskoning as dit kom by die verkenning van nuwe wyne.

Hier is ons lys van die beste plekke vir gratis proesessies:

1 ⋃ &union

2 Pepper club hotel

3 Tjing tjing bar

4  Tamboers kloof winkel

Daar is nog vele ander maar ons sal graag van jou wil hoor!  Geniet die proe.