Tag Archives: #stellenblog

image

#STELLENBLOG

 

Wie sou ooit kon dink dat iets soos n hutsteken so effektief kon werk in die promosie van n wyn streek.  Simon van der Stel sou nooit kon dink in die vormings jare van die Eikestad dat dit eendag wêreld beroemd  sou raak nie. Alhoewel dit moet genoem word dat die skone Stellenbosch ook vele te dank het aan die skeppers van die heel eerste wynroetes al terug in die sewentige jare deur Frans Malan van Simomsig onderandere.

 

Dinge het egter varander vanaf daardie vroe jare  tussen die strate van eeu oue geboue en eike bome. Stellenbosch is n vibrante dorp gevul met wereld klas verblyf en vele eet plekkies om elke smaak en sak te pas. Dan kom mens nie eers uit by die menigte gallerye en unieke plekke om te besoek nie.  Die dorp pronk dan ook met kunswerke in vele openbare plekke, ons gunstelling is die dansers net oorkant die die ou ng kerk.

Wat wyn aanbetref skort daar niks. Vanaf die konings van Pinotage  tot die uistekende wyne vanaf Le Riche en Boschkloof. Dan hoe kan mens Stellenbosch noem sonder om te dink aan Delheim, Ken Forrester en Delaire Graff en van die nuwer juwele in die skatkis.

Indien jy jouself dalk in die kontrei mag bevind, vat n  oomblik en verken van die vele verassings wat om elke draai vir mens wag. Maak n draai by  Schoon De Companje vroeg dag al vir n koffie. Of maak n draai by die R44 mark. Bitro 13 is n lekker middag ete plekkie. Daar is net te veel om te noem en ons wil nie graag iemand uit los in die post nie.

Maandag kan jy ons heeldag volg vir die #Stellenblog opbou en partyjie. Miskien sien ons jou daar wie weet…

Gaan na www.stellenboschexperience.co.za vir verdere inligting.

 

 

 

 

 

Delheim se Spatzendreck sprei nou sy vlerke as ‘n eksklusiewe versamelwyn

Legendariese Laatoes pronk met nuwe vere as ‘n eksklusiewe Natuurlike Soetwyn

 

Na 53 jaar se vlerke sprei as Delheim se parmantige Laatoes mossie, pronk die legendariese Spatzendreck nou met hernude vere van verfynde persepsie en meer diepte as ‘n eksklusiewe Natuurlike Soetwyn met die bekendstelling van sy jongste 2013 oesjaar.

Delheim - Spatzendreck 2013 LR

Meeste van sy voorgangers, insluitende die 2012 oesjaar, was Laatoes wyne, gemaak van 100% Chenin blanc druiwe, maar die 2013 oesjaar fluit nou ‘n goue deuntjie as ‘n versnit van Muscat de Frontignan, Weiser Riesling en Chenin blanc, waarvan daar slegs 2400 bottels geproduseer is.

 

Die edele Delheim Spatzendreck Natuurlike Soetwyn 2013, wat sy verskyning in ‘n spoggerige omhulsel maak, vier ook die terugkeer van die oorspronlike voorkoms van die wyn, wat ‘n ondeunde mossie wat sy nommer twee in ‘n wynvat maak, op die etiket uitbeeld. Terug in die ou dae was hierdie tjorts-mossie, slim bemarking en het dit klomp aanhangers gewerf en vandag herdenk Delheim met dié toeka-se-voorkoms, die eerste ‘vlug’ wat hierdie gewilde wyn by dié erkende Stellenbosch wynplaas in 1961 geneem het.

 

“Ons het ons Spatzendreck ‘n nuwe en meer gesofistikeerde lewe gegee, deur dit in kleiner volumes as a Natuurlike Soetwyn van drie verskillende variëteite te produseer. Die grootste verskil tussen die 2013 oesjaar en sy voorgangers is die ressuiker wat ons van 75 g/l tot bykans 130 g/l verhoog het. Die rede daarvoor is omdat ons ‘n meer ernstige wyn, wat oor indrukwekkende verouderingspotensiaal beskik, wou produseer,” verduidelik wynmaker Reg Holder, ‘n terroir-entoesias wat in 2011 by die landgoed aangesluit het.

Delheim Spatzendreck 2013 tube & bottle LR

Delheim se patriarg, Michael Hans ‘Spatz’ Sperling – Sperling is Duits vir mossie en sy noemnaam Spatz is ‘n verkleiningsvorm van dit – was een van die drie stigterslede van die Stellenbosch Wynroetes in 1971 en tot vandag toe beskou hy sy geliefde Spatzendreck as een van sy beste pionierspogings van sy roemryke wynmaakloopbaan.

 

Die storie agter die wyn se naam en etiket dateer terug in die 1950s, toe Spatz vanuit Duitsland in Suid-Afrika gearriveer het om wyn te begin maak by hierdie historiese familieplaas teen die hange van die Simonsberg. Nie al sy gaste was wel beïndruk met sy eerste pogings nie, wat juis ook die Spatzendreck ingesluit het.

 

Toe ‘n proesel van sy eerste Laatoes op ‘n jolige Sondagmiddag van ‘n ene tenk nommer 13 getrek is, het die wyn ‘n meer bruiner kleur as die van die beslissende ‘pienk’ Riesling gehad, en volgens een van sy Duitse vriende wat teenwoordig was, het dit ook glo soos ‘dreck’ geproe – Duits vir gemors.

 

Maar die visionêre Spatz is ‘n man wat hom nie sommer laat onder kry nie en hy het eenvoudig net sy pogings verdubbel – gedetermineerd dat sy vriendin eendag haar woorde letterlik sal drink – en met ‘n verbeterde smaak, en aanhangers van reg oor die wereld wat daarvan getuig, het die Spatzendreck oor die jare een van die gewildste wyne in Suid-Afrika geword. Selfs nog meer so, toe dit deur die toonaangewende Britse wyntydskrif, Decanter, as die ‘lelikste etiket in die wêreld’ in 1971 gekroon is!

 

Die drie druifvariëteite wat vir die Spatzendreck Natuurlike Soetwyn 2013 gebruik is, is afkomstig vanaf Delheim se bekroonde wingerde in die Simonsberg-wyk van Stellenbosch. Die verskillende wyne waaruit die Spatzendreck bestaan is elk onderskeidelik geproduseer en vir nege maande in ou eikehoutvate verouder, voordat dit versny is.

 

Dié soet, dog uiters vars en komplekse wyn is bekoorlik met sy goue, strooikleurige gloed, met ryk lae van lemoenbloeisel en sitrus wat die neus groet en die talmende, ryp somersvrugte in die mond aanvul. Die eikehoutveroudering verleen speserye en sagte dog ferm tanniene aan die wyn en dra by toe hierdie kelder pronkperd se uitstekende verouderingspotensiaal. Alhoewel dit gereed is om dadelik geniet te word, sal jy dit ook vir soveel as tien jaar kan wegbêre. Dit is voorwaar ‘n besonderse versamelwyn vanuit die Delheim stal.

 

Delheim Spatzendreck Natuurlike Soetwyn 2013 analise:

 

Ressuiker: 129.8 g/l

Alkohol: 12.5%

pH: 3.57

Totale suurheid: 7.77 g/l

 

Die Delheim Spatzendreck Natuurlike Soetwyn 2013 is slegs direk vanaf die kelder beskikbaar teen R165 per bottel. Vir meer inligting en wynbestellings skakel die landgoed by Tel: 021 888 4600 of stuur ‘n epos na info@delheim.com. Besoek ook die webtuiste www.delheim.com en volg Delheim op Twitter @Delheim.