Tag Archives: Wellington wynroete

Wellington Fork & Cork wynfees

image

Wellington en die Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete bied 12 September 2015 hul 2de jaarlikse Fork & Cork wynfees te Kleinevalleij Landgoed aan.  Dié fees beloof om ‘n ieder en elk met die beste plaaslike kos, wyn, kuns en vermaak vanuit die Wamakersvallei te trakteer.

 

Feesgangers kan uitsien na ‘n varsprodukte- en ‘n leefstylmark met ‘n splinternuwe wynteater wat vyf verskillende produksies aanbied.  Wonderlike pryse kan ook tydens elke sessie gewen word.  Die fees is kindervriendelik en ouers kan die luilekker Bolandse gasvryheid geniet terwyl die kleinspan onder toesig buite baljaar.

 

Musiek

Musiekliefhebbers kan vanaf 12h00 regskuif vir die swingrock-klanke van die agstuk Swingsetters (http://swingsetters.co.za/) waarna die Bootleggers (http://www.thebootleggers.co.za/), ‘n sesstuk blues en jazz orkes omstreeks 15h00 sal oorneem.

 

Wynteater

Die vyf  wynteaters by Festa Restaurant op Kleinevalleij Landgoed sluit in:

 

The People’s Chenin– Hier word dié kultivar onder leiding van bekroonde wynmakers bespreek. Ses wyne word blind geproe en elke persoon kies sy drie gunstelinge, waarna die People’s Chenin aangekondig sal word.  Een gelukkige persoon sal ook ‘n kis van die omgewing se Chenin Blanc wyne wen.

Rooi Reuse– Wynmakers vergelyk en bespreek die karakter van rooiwyne soos Rhône, Bordeaux en Cape Blends.  Dit gaan gepaard met ‘n wynproe.  ‘n Gelukkige deelnemer staan ook die kans om ‘n kis van die omgewing se rooiwyne huis toe te neem.

Sedgwicks en Andy Watts – Hierdie sessie behels ‘n Whisky proe en aanbieding deur die bekende distilleerder Andy Watts wat onlangs weer bekroon is vir sy Three Ships Whisky en Bain’s Cape Mountain Whisky.  Een gelukkige wenner stap weg met twee bottels Bain’s Cape Mountain Whisky. 

Pinotage en Persoonlikhede Dié teaters stel bekend persoonlikhede uit die vallei wat ‘gepaar’ word met  Pinotage en toeskouers onthaal op  Wellington staaltjies.  Een gelukkige wenner ontvang ‘n gemengde kis Pinotage uit die omgewing.

Wellington Quest for the Best Top 10 – Die Grand Finale vir die dag se wynteateraanbiedinge is die proe en bespreking van vanjaar se Wellington Quest for the Best top 10 wyne gelei deur hulle onderskeie wynmakers. Quest for the Best is uniek deur Wellington ontwikkel met die doel om juis die besonderse kwaliteit en diversiteit van Wyne van Oorsprong Wellington te vier en aan die publiek ten toon te stel.  ‘n Gelukkige wenner stap weg met al 10 dié top wyne.

 

Pryse

Gedurende die dag se feesvieringe gaan verskeie gelukkige trekkings plaasvind met fantastiese pryse wat onder meer insluit geskenkpakkies vanaf die leefstylmark, wyn, etes, verblyf, Zipline geskenkbewyse, kaartjies na die Tuin van Digtersfees en nog baie meer.

 

Kom vier saam met ons Wellington en sy mense en vind uit waarom ons bekroon  is as die Wes-Kaap se Kwêla Dorp van die Jaar 2015.  Kwêla Dorp van die Jaar insetsel:http://kyknet.dstv.com/2015/05/26/kwela-wellington-dorp-van-die-jaar-finalis/

 

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R150 per persoon. Die fooi sluit in ‘n glas, gratis proeë asook ingang tot die vyf wynteaters.  Kinders onder 17 kry gratis toegang.  Die feestelikheid begin om 10h00 en eindig 18h00 waarna feesgangers hul vieringe by Festa Restaurant kan voortsit.

 

Vir meer inligting en volledige program kontak tel 021 864 1378, epos info@wellington.co.za of besoekwww.wellington.co.za/forkcork

Wellington Quest for the Best Top Tien 2014

image
Voor l na r: Denise Stubbs (Diemersfontein), Myra Burger (Welbedacht), Hanlie Loubser (Doolhof)

Agter l na r : Pieter-Niel Rossouw (Wellington Wines ), Dian Joubert (Diemersfontein) Abbi Wallis (Dunstone), Tiaan Burger (Welbedacht), Fritz Smit (Wellington Wines), Francois Roode (Diemersfontein), Rudolf Janse van Vuuren (Linton Park Wines), J.G. Auret (Linton Park Wines)

Fotograaf: Julian Kruger Photography

Die vyfde jaarlikse Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete Quest for the Best is Woensdag, 13 Augustus, tydens ‘n spogmiddagete by Au’ de Hex Boetiekhotel, Wellington se gesogde nuwe funksielokaal, aangebied.

 

Wat is Quest for the Best?

Quest for the Best, as kompetisie is spesiaal vir Wellington, deur Wellington ontwikkel ten doel die besonderse kwaliteit en diversiteit van Wyne van Oorsprong Wellington (WOW) te vier en aan die publiek ten toon te stel.

 

Beoordeling

Tydens die beoordeling op 21 Junie 2014 is 64 wyne deur vyf gesogde sommelier-beoordelaars blind geproe en beoordeel.

Die beoordelaar is:

Gregory Mutambe – Hoof-sommelier Twelve Apostles Hotel

Barry Scholfield  – Sommelier, Rust & Vrede Restaurant

Kent Scheermeyer – Gasvryheidskonsultant

David Clarke – Voorheen voorsitter van die Australiese Sommelier Assosiasie, Ex Animo Wine Logistics

Higgo Jacobs – Sommelier & Wynkonsultant

 

Die 2014 Quest for the Best top 10 wines van Wellington is:

·         Diemersfontein Wines 2012 Carpe Diem Viognier Reserve

·         Diemersfontein Wines 2012 Carpe Diem Pinotage Reserve

·         Doolhof Wine Estate (Pty) Ltd 2009 Doolhof Theseus

·         Welbedacht Wine Estate 2005 Welbedacht Cricket Pitch

·         Welbedacht Wine Estate 2011 Welbedacht Wine Estate Pinotage

·         Thokozani CCV 2012

·         Wellington Wines 2014 Bovlei Cellar Chenin Blanc

·         Wellington Wines 2011 La Cave Cabernet Sauvignon

·         Dunstone 2012 Dunstone Shiraz

·         Linton Park Wines 2013 Louis Fourie Chardonnay

 

“Ons is bevoorreg om te sien hoe die kompetisie jaarliks groei”, aldus Johan Fourie, voorsitter van die Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete.  “Quest for the Best het ‘n rol te speel in die skep van ‘n groter publieke bewustheid van ons streek wat om die beurt gemeet kan word in beter verkope van ons topprodukte. Verder kan ons ook bepaal watter kultivars meer geskik is tot ons unieke terrior en gevolglik ons wyne beter op die markte posisioneer.”

 

Borgskap

Sedert September 2012 is Mutual & Federal Agri die trotse naamborg van die Wellington Wynroete.

Volgens Andries Wiese, die groepsbestuurder van Landbou by Mutual & Federal Agri stel dié vennootskap hulle in staat om hul ondersteuning aan die landbougemeenskap te bied en is ook ‘n platform om hul reeds bestaande  bande te versterk. “Ons kan saam met die kliënt en die gemeenskap voordelige geleenthede identifiseer, terwyl ons terselfdetyd goeie blootstelling en netwerk geleenthede het,” meen Wiese.

 

Vir meer inligting kontak 021 864 2479 of eposwine@wellington.co.za.

 

Gesels saam:

Facebook https://www.facebook.com/wellingtontourism

Twitter @wellwineroute #WellQuestForTheBest